Geverifieerde Resensie
Sabie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sabie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 488 resensies.
"Rustig en sentraal geleë vir besienswaardighede en akkommodasie, asook baie maklik om elke dag bietjie uit te ry na ander bestemmings op die Panorama-roete en selfs verder noord in Limpopo."
"Die paaie na die watervalle is baie swak! Ek dink dis vreeslik dat besoekers sulke paaie moet aandurf. "
"Misty Mountains het baie aktiwiteite en is beslis moet besoek. Sabie het baie watervalle om te besoek en die mense is baie vriendelik. Die eetplekke is besig, maar baie gesellig."
"Ons is motorfiets ryers en daardie berge is 'n droom om in rond te ry. Natuur is besonders. Mal oor die mis vroegoggende. Ons love die Laeveld. "
"Pleasant, relaxing vibe. Woodsman complex has great bar and restaurant, charming and quaint bookstore downstairs with stunning gift shop and coffee shop, all owner/family managed and run."
"Sabie is maar Sabie, alles is daar beskikbaar, banke, OTM'S en brandstofstasies, Spar, Shoprite en ander winkels. Moenie vergeet van die Pakistan-winkels nie. Hulle is ook daar."
"Elke persoon moet tenminste eenkeer in hul leeftyd Sabie gaan bekyk. Dis baie mooi. "
"Wonderlike plek met klomp natuurlike juwele. Baie lekker geswem in die rotspoele en baie mooi staproetes."
"Die paaie is in 'n baie slegte kondisie met baie slaggate. Onthou om kontant te hê vir watervalle en ander besienswaardighede. Dra ten alle tye veiligheidsgordel hulle boet jou selfs al is jy in die parkeerarea. "
"Die paaie is baie sleg met lelike slaggate, maar die dorpsmense is baie vriendelik."
"Sabie is a quiet and safe place. It only lacks food outlets like McDonald's, Spur or even Steers. "