Geverifieerde Resensie
Sea Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sea Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 39 resensies.
"Klein en rustige dorpie. Maar naby genoeg aan plekke soos Margate as jy meer opwinding soek."
"Sea Park is sentraal geleë en het my verwagtinge oortref. Voorwaar 'n mooi plekkie, sal graag eiendom daar wil besit."
"Sea Park is 'n baie rustige area, bietjie ver van strande maar anders puik as jy net wil ontspan."
"Nie baie restaurante in die omgewing nie, tog is dit baie sentraal geleë aan die Suidkus."
"Baie goed. Alle geriewe soos veilige strande en inkopiesentrums naby. Besienswaardighede soos Oribi Gorge, Lake Eland Park en wildtuin naby. Sal definitief weer daar vakansie gaan hou."