Geverifieerde Resensie
Sea Point
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sea Point bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 74 resensies.
"Seepunt is baie gerieflik met al die verskeie winkels en plekkies in die area. Alles is naby en vervoer is maklik rondom die area."
"Seepunt is werklik 'n wonderlike plek vir toeriste en plaaslike mense."
"Prettig om op 'n bankie te sit en al die aktiwiteite en honde op die gras by die promenade te aanskou."
"Seepunt is lekker sentraal geleë vir enige uitstappies en ook naby restaurante en winkels."
"Sal graag elke dag my dag wil begin met 'n lekker stappie op die promenade - geniet die Kapenaars se energie en vriendelikheid. My gunsteling plek vir vakansie!"
"Ons lief Seepunt, die interessante winkeltjes en koffieplekkies. Die wandelpad langs die see is 'n absolute bonus en plesier. "
"Pragtige omgewing veral vir toeriste. Herinner my baie aan Miami Beach waar ons tuisgegaan het. Die opset is dieselfde. Hulle is net meer toeristevriendelik met baie meer eetplekke en winkels wat saans oop is."