Verified Reviews
Senekal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Senekal
Rated 3.6 out of 5 based on 62 reviews.
"Senekal is gelee op die N5 tussen Winburg en Bethlehem. Die Shell-vulstasie is waar meeste mense hul karre volmaak. Daar is 'n winkeltjie en plekkie om koffie vir die pad te kry. Cheetahs Restaurant wat deur die Stydom-familie besit en bestuur word, is die beste plek om in die middae of die aande 'n lekker steak of gekookte kos te gaan eet (hulle besit ook die slaghuis op die dorp - so die steaks is uitstekend). Daar is 'n 9-putjie gholfbaan met 'n goed ingerigte klubhuis - dit is die gholfbaan wat mens sien van die gastehuis af."
"Gemiddelde, plattelandse dorp. Gewone dienste, geriewe en besienswaardighede."
"Senekal het baie potensiaal as toerisme bestemming. Pragtige sandsteengeboue, die mooiste kerk, en omgewing. Nog 'n baie oulike plek om te besoek in Senekal, is die Waterval-padstal, wat heerlike etes aanbied, en allerlei snuisterye. Ook net 'n klipgooi van ander klein dorpies af, soos Rosendal."
"Van die vele Vrystaatse dorpe wat ongelukkig baie agteruitgegaan het en nie meer so skoon lyk nie; was Senekal definitief in 'n beter toestand."
"Senekal is a small town, I was there for business, so cannot really comment on any tourist attractions. The golf course looks great though."
"Die dorp is maar baie klein. Mar min om te doen vir n toeris. Maar as u daar deur wil reis is daar pragtige plekke om jou te akkommodeer."
"Senekal can be included in a trip through the Eastern Free State as it is close to Rosendal, Ficksburg, Clarens to name a few. Or Include a trip to Willem Pretorius Game Reserve. Senekal has one of the oldest churches in the Free State, surrounded with petrified wood - a must see in town! "
"Ek het baie van die mense en omgewing in en om Senekal gehou, baie gasvry en vriendelik, maar die dorpie gaan stadig agteruit.Die hoofpaaie is redelik goed, maar die res is net slaggate."
"Senekal is a gem, and the people are amazing. Good salt-of-the-earth folk."
"Senekal Moederkerk (Klipkerk) is regtig 'n mooi kerk (as jy belangstel in argitektuur). Oons het ons ontbyt en kuier by die Senekal Padstal (langs die R70) baie geniet (kos en snuisterye). Beslis 'n pitstop werd."
"Klein plattelandse dorpie en die Cheetha Restaurant is absoluut 'n MOET om te besoek."
"First time in Senekal, beautiful little town with some stunning buildings, only saw the town so not sure what else is out there, but definitely a place to see if only for the beautiful church."
"Die dorp lyk skoon en selfs op die Sondag was werkers besig om strate skoon te maak."