Geverifieerde Resensie
Sodwana Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sodwana Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 111 resensies.
"Kan bietjie minder toegang vra om met jou voertuig op die strand te gaan, ons was 2 volwassenes en 1 kind. Het ons R140 gekos per dag om strand toe te gaan. R1120 net om strand toe te gaan vir 8 dae."
"All the wildlife and gate entrance fees are quite expensive for local SA residents. "
"'n Pragtige plek met 'n pragtige en lekker swemstrand. Fantasties vir duik en snorkel en die strand is pragtig skoon."
"Stel voor dat Sodwanabaai meer en beter aanduidings het van plekke met toegang tot die see. Ons het op die derde dag, deur met 'n jong kelner te praat uitgeving waar daar uitstekende snorkel- en duikskole is. 'n Inligtingsentrum met goeie inligting sal 'n groot aanwins wees."
"Onthou om die getye dop te hou as jy in die rock pools wil gaan snorkel. Vir die beste pizza probeer Lighthouse, en vir die beste seekos maak ’n draai by Mseni."
"GPS werk nie goed in Sodwana nie. Moenie verwag om iets by die Spar te koop nie. Verder is dit 'n lekker vakansiedorpie ons het veral Lake Sibaye geniet."
"As jy wil gaan duik is dit perfek, maar ons het nie juis veel tyd gehad om baie wyd te verken nie.."
"Sodwana is maar 'n klein dorpie wat duikers, vissermanne en natuurmense trek. Daar is nie groot winkels soos in ander dorpe nie, maak maar seker jy bring vars vleis, daar is nie maklik bekombare vars vleis in die area nie. Baie lekker vir ontspanning met 'n paar lekker eetplekke en kuierplekke ook."
"Sodwana is wêreldbekend vir duik, maar hulle het ook baie goeie restaurante en 'n verskeidenheid van diepsee-visvang-charters."
"Ek voel dat dit redelik onregverdig is dat mens 'n R105 rand moes betaal elke dag as mens strand toe wil gaan. Vir daardie rede sal ek nie weer Sodwana toe gaan nie."
"Ons gunsteling vakansiebestemming. Ps. die paaie is oorgedoen en definitief ‘n plus!"
"Beautiful beaches, excellent bathing/snorkeling conditions, interesting rock pools to explore and brilliant bird life"
"Pragtige strand. Alle verblyf is 'n ent van die strand af as gevolg van iSimangaliso."