Geverifieerde Resensie
Somerset East (KwaNojoli)
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Somerset East (KwaNojoli) bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 44 resensies.
"Beautiful area and very peaceful. There is a nursery close to the accommodation with a nice restaurant (Blue Lizard) where we had a delicious lunch, it also had a small deli where we could buy some nice treats and other food items."
"Walter Battis museum is baie interessant en ons het baie inligting daar gekry. Somerset museum is baie interessant. Slagtersnek se uitstalling is goed. Restaurante baie goed, On Main en Oom Wessel se padstal, heerlike pizzas."
"Mooi dorp teen berge. Kan doen met meer toeriste-aantreklikhede aangesien die platteland dit nodig het."
"Pragtige plek om te oornag as jy PE se kant toe reis. Bietjie verder as halfpad."
"Sonder die berg sou dit maar baie vaal wees. Die aangesig van die berg is magies. Dorpie lyk skoon en die tuine en huise is pragtig, so mens sal meer waarde kry deur te stap. Winkels en restaurante is maar min, en op Sondae is alles toe vir ontbyt. Ons vriende het gaan eet by die Somerset Hotel Saterdagmiddag, en was baie beïndruk met die kos en vriendelike diens. Ons sal definitief weer hierdie dorpie besoek."
"Somerset-Oos is 'n dorp met ouwêreldse sjarme. Skoon strate, rustige omgewing - het veilig gevoel. Selfs die restaurant wat 'takeaways' verskaf het, is aan te beveel. Vriendelike inwoners - was by 'n diensverskaffer met die naam van Hansie, wat gehelp het met 'n skroef wat losgekom het in onderstel van voertuig, uit sy pad gegaan om te help, wou nie eers geld aanvaar nie - dis die soort dorp wat dit is. Omgee-dorp. Sal beslis weer 'n draai wil maak in Somerset-Oos."
"Groot geword op Somerset Oos. Die dorp is baie skoner as die vorige besoek. Die natuurskoon is asemrowend."
"If you come from a hectic city like Jozi this is the place to be. Peace of mind."
"As jy 'n natuurliefhebber is sal jy baie vind om te doen in die idilliese, pragtige dorpie."
"Dieselfde hartseer agteruit-gang van die groter Oos-Kaap en elke dorp waardeur ons gery het, het ook sy merk op die dorp gemaak."