Geverifieerde Resensie
Somerset West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Somerset West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 268 resensies.
"Lovely area, fabulous restaurant just around the corner - nice friendly and safe walks in the neighbourhood."
"Baie vriendelik mense wat daar werk en behulpsaam. Het gevoel soos 'n huis weg van die huis. Dit was baie skoon en lekker rustig. Was 'n baie lekker oorbly in die Kaap."
"Ek was aangenaam verras oor die dorp - sal dit definitief weer gebruik as vertrekpunt vir 'n Kaapse besoek."
"As jy nie 'n kar het nie, moenie stres nie! Ons het die Uber gebruik om rond te ry en dit was uitstekend. Pragtige area onder die berg en naby aan verskillende plekke soos die Strand en Stellenbosch. Baie wynplase in die omgewing ook."
"Not to be missed! More space, more greenery, more wildlife, less people without any compromise on quality goods or shops. "
"Somerset-Wes is fantasties en baie puik geleë vir enige een wat die Kaap wil verken."
"Al die nodige winkels is sommer lekker naby mekaar geleë en ons sal beslis terugkeer na Somerset Wes. "
"Dis die omgewing waar ek grootgeword het, en natuuurlik kom ek gereeld terug uit Gauteng hierheen. Beste plek in die wêreld."
"Somerset-Wes is naby aan baie toeristeaantreklikhede - die Wyndistrikte, die see, en nie te ver van die Kaap nie. Dis weg van die erge gewoel van die Kaap, en tog maklik bereikbaar. En in Maartmaand: Gerieflik naby die Woordfees!"
"Beautiful green area in the midst of some of the best Cape wineries."
"Nice and quiet area to be in when you want to explore Cape Town and the Eastern Cape."
"Ek dink dat Somerset-Wes onderskat word as 'n toeristebestemming teenoor 'n plek soos byvoorbeeld die Strand. Vir 'n paar ekstra kilometer see toe kry jy darem 'n uitsig wat min plekke kan aanbied en die spesifieke B&B maak ander plekke soos Stellenbosch sommer maklik bereikbaar. Ek was werklik verbaas om slaapplek teen die prys te kry. My denke oor Somerset-Wes was dat dit slegs peperduur verblyf sou beskibaar hê. Pragtige plek en Boertjie & Mademoiselle het nog lank nie die laaste van ons gesien nie."