Geverifieerde Resensie
Southbroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Southbroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 303 resensies.
"Die pragtige Blouvlagstrand kry nie te veel besoekers nie, die see is gewoonlik nie koud en ontstuimig nie. Met laaggety is dit redelik veilig om in die getypoel te swem. Ons is nie bewus van enige misdaad op die strand nie. "
"Trafalgar se strand is nie oorvol met mense nie, maar gaan vroeg oor die parkeerplek beperk is. En onthou die drink- en eetgoed. Vir mense wat meer as strand en luiwees wil doen sal hulle so bietjie moet ry, maar niks is verder as 2 ure se ry nie."
"Sherwood-koffiewinkel by Marina Beach is die beste vir draairoomys en koffie."
"Marina Beach is 'n pragtige area. Die strand is mooi skoon en ons het sommer baie tyd daar spandeer. Ons sal dit aanbeveel vir enige besoeker."
"Southbroom is a lovely holiday destination with plenty of lovely beaches and great restaurants and things to do nearby if you're not keen on the beach."
"Dit wat ons van die area gesien het, het nie sleg gelyk nie. Sal weer die area besoek."
"Die omgewing is stil en rustig. Die omliggende natuurskoon is pragtig."
"Daar is definitief iets vir almal - baie om te doen en sien in die omgewing. Die strand is ook pragtig en skoon, perfek vir die hele gesin."
"Trafalgar is lovely. Excellent small swimming beach which is a Blue Flag beach. Very nice for swimming. My two kids loved it. Not too busy either which was nice."
"Southbroom was 'n wonderlike bestemming oor die Kerstyd. Netjiese strand, lagoon en gety-swembad. Die strand is veilig en glad nie beset met massas mense nie. Parkering digby strand en heerlike wegneemetes / snoepgoed te koop by strandkafee. Naby aan besienswaardighede en ander strande. Baie skoon strate en veilig. Word goed onderhou deur belastingsbetalersverenging en dus 'n ideale bestemming vir die kieskeurige vakansieganger."
"This was the perfect beach for us as a family, seeing as everything is close by. Well sought out beach!"
"Beautiful, quiet town with a beautiful golf club, very safe, lovely to walk and jog with a beautiful beach. There are also fantastic restaurants in and around Southbroom! "
"Trafalgar is vir my 'n baie spesiale plek, dit is super stil, met 'n lekker privaat strand. Ek hoop dit bly so en word nie 'n te groot toeriste aantrekking nie (tong in die kies). "
"Te ver van enige winkelsentrums en benodig 'n kafee of supermark om in alledaagse behoeftes te voorsien."
"Dis 'n pragtige plekkie met wonderlike natuurskoon en baie potensiaal! Tog jammer dat sekere dele erg verwaarloos is. Glo dit kan herstel word sonder om té gekommersialiseer te word, want die rustigheid en ongereptheid in sekere dele is juis die aantrekkingskrag."
"Het dit baie geniet. Goeie waarde vir geld. Sal verseker weer van hierdie akkommodasie gebruik maak."
"Dit is 'n wonderlike vakansieplekkie om te rus! Veilige strand en maklik om ander strande te verken! Gholfspelers kan heerlik baljaar!"