Geverifieerde Resensie
St Lucia Estuary
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in St Lucia Estuary bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 853 resensies.
"Omgewing het baie om te sien en te doen. Genoeg eetplekkies. Dorp netjies. "
"Baie interessant, maar voel as jy eers na al die plekke was, jy dit nie weer haastig wil doen nie. Ek voel net dat in my geval ek soveel plekke in S.A. as moontlik wil sien, maar wil nie na dieselfde plekke teruggaan nie, behalwe as daar nog meer is om te doen. Ek moet se as jy Cape Vidal toe gaan is die pryse vir my persoonlik belaglik - betaling per person en per voertuig is belaglik (dis my enigste problem)."
"Een van die mooiste areas wat ek nog in S.A. gesien het. Ek het amper 'n paar goggas gevreet omdat my mond so oophang vir die unieke natuurskoon."
"Bootrit met uitstekende kaptein/gids 'n moet. Rit na iMfolozi Wildpark (en dalk ook Hluhluwe) nog 'n moet. Krokodil- en slangpark 3de moet. Die see en hele omgewing 'n 4de moet."
"Beste plek om die Noordkus te geniet as mens nie die kostes van KZN Parks kan bekostig nie."
"Min winkels wat dit lekker maak! Maar die strande kort aandag met netheid en strenger reëls. "
"Quiet and quaint little town. Clean, big beaches. Amazing nature, animals and views."
"Ek is mal oor St Lucia. Die natuurskoon, vriendelike mense en die rustigheid maak dit absoluut die moeite werd. Mense moet net in ag neem dat dit ongerepte natuur en natuurlik see is. So die see is onvoorspelbaar. So wees ekstra versigtig!"
"It was nice and quiet during our stay in April, in full season it might be too crowded."
"Strand en meer met cruise was wonderlik. Cape Vidal is pragtige netjiese strand vir snorkel en scuba. Kaasmakery ook baie oulik. Orals is baie vriendelike diens. Baie veilig gevoel orals."
"Dit was my eerste keer wat ek na St Lucia gegaan het vir vakansie en dit is 'n wonderlike, pragtige plek. Alles is skoon en Cape Vidal is die heel mooiste strand wat ek nog ooit by was. Dit is beslis die beste plek om vakansie te hou. "
"Pragtige tropiese dorpie omring deur ongerepte natuurskoon en wilde diere."
"St.Lucia is a wonderful little village with best infrastructure and many offers for everybody. "
"Heerlike wegbreek en nog steeds naby al die geriewe. Die moeite werd om hierdie bestemming te besoek. Waarde vir geld."
"Die hele omgewing is skoon en die dorpie is die vriendelikste wat ons nog beleef het van n kus dorpie, al die mense is vriendelik en behulpsaam en pryse is ook redelik by restaurante en winkels."
"Die toestand van die dorp het agter uit gegaan. Vir die eerste keer potholes opgemerk. Strand is vol olie en drankbottels gewees. Cape Vidal wat naby is het dit egter die moeite werd gemaak. "