Geverifieerde Resensie
St Lucia
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in St Lucia bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 465 resensies.
"What a beautiful place to visit. Love that it has the bush and ocean. Cape Vidal is a must. Such a pity the showers at the beach don't work. Not even mentioning the state of the beach toilets, what a mess!"
"Baie mooi area, wild. Bedelaars en middelverslaafdes maak dit plek-plek soms ongemaklik. Cape Vidal is goed om te besoek om die ongemaklike situasies te vermy."
"I want to move there. The river boat cruise was awesome. So many eating places, definitely an experience to repeat."
"St. Lucia is "best of both worlds". Heerlik om terselfdetyd 'n riviermond, see en wildreservaat in die onmiddelike omgewing te hê. Dit is wel 'n omgewing wat baie reën kry. Kom dus voorbereid vir daai een of twee reënerige dae."
"St Lucia is beautiful, we went to Cape Vidal, to the sea, to the croc show and on the hippo and croc boat cruise. The town was within walking distance which was nice for us."
"'n Besoek aan die park is beslis 'n moet as jy van wildritte hou, daar is plekke om uit te klim (natuurlik op jou eie risiko) en voetpaadjies te volg na uitkykpunte. Die beste was die toring, absoluut die moeite werd vir daardie asemrowende uitsig! Jy kan ook 'n bootrit neem om baie seekoeie te sien en 'n paar watervoëls. As jy gelukkig is kry jy dalk 'n seekoei laataand wat in die dorp die grasperke besoek. Daar is beslis ander aktiwiteite ook genoeg om jou besig te hou vir 'n naweek!"
"Highly recommend as holiday destination! A visit to Cape Vidal a must."
"Dis 'n pragtige omgewing en inwoners is baie vriendelik. Baie en goeie restaurante. Ietwat min kruidenierswinkels en die verskeidenheid is nie baie groot nie."
"Pragtige plek met oop strande en pragtige natuur. Sien klaar uit na ons volgende wegbreek soontoe."
"St Lucia bied genot vir enige ouderdom. Jy het iets van alles om te sien, visvang, bootritte vir seekoeibesigtiging, diepseehengel, staproetes, die Cape Vidal Reservaat asook Krokodilbewaringssentrum. Daar is plek waar jy kan swem asook snorkel en nie eers gepraat van al die heerlike restaurante waar jy kan gaan eet nie. Dit is 'n ongelooflike skoon en netjiese dorp met 'n werkende infrastruktuur waar almal saamwerk om alles mooi en in werkende toestand te hou."
"St. Lucia is 'n pragtige plek - ek is jammer die krag is baie keer 'n probleem. Wat glad nie St. Lucia se fout is nie. Maar met ons bederfde samelewing kan dit toerisme vir St. Lucia kos. Dit bly een van die mooiste plekke is ons land veral Cape Vidal."