Geverifieerde Resensie
St Michael's-on-Sea
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in St Michael's-on-Sea bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 105 resensies.
"Dit is 'n baie lekker strand en sal enige iemand aanbeveel om 'n plekkie naby St Michaels te kry. Is 'n baie skoon omgewing en het dit baie geniet om St Michaels te besoek."
"Netjiese strand - net baie glasstukke op strand, parkeerarea en plastiek tussen die rotse."
"Die strand en omgewing was vreeslik bemors met vullis en glasstukke na die nuwe jaar vieringe en het definitiewe gevaar ingehou om te besoek."
"Die hoogseisoen in Desember is nie die ideale tyd om te gaan as jy stilte soek nie. Die swemstrand was oorval deur mense op tweede Kersdag en hulle het die plek bemors. Die verkeer aan die Suidkus is ook baie besig in Desember en mens kan skaars winkels toe gaan."
"Kan dalk waaiers in kamer sit. Waarsku die mense van die geraas oor die nuwe jaar se tydperk, met al die mense wat aangery word om strand toe te kom, wat drankbottels stukkend gooi teen die mure."
"Baie sentraal geleë en naby restaurante, winkels, gholfbaan en meeste goeie strande. St Michael's-on-Sea strand is egter nie geskik vir jong kinders nie. Parkering wemel van karwagte wat aggressief optree terwyl vakansiegangers kaal stort saam met hulle kinders. Ons het eerder Ramsgate se strande gebruik wat baie beter is."
"Die strand is netjies en veilig. Ons kies nog die afgelope paar jaar om by St Micheals on Sea te baai, maak nie saak waar ons op die Suidkus tehuis gaan nie."
"Ons was by al die strande in omgewing en dit was die lekkerste swem strand. Altyd skoon en netjies."
"Dit is baie sentraal geleë van ander strande. Dit is baie skoon en netjies."