Geverifieerde Resensie
Stellenbosch
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Stellenbosch bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 710 resensies.
"Klapmuts is ideaal geleë vir verblyf as middelpunt om elke dag interessante plekke te besoek en te verken soos Paarl, Franschoek en Stellenbosch. Babylonstoren is 'n klipgooi van Bona Vista en 'n absolute moet om te besoek. "
"Rustige woonbuurt. 'n Bietjie ver om te stap na die middedorp toe, maar vir bergfietsryers is dit ideaal want daar is baie bergfietsroetes."
"Pragtige area wat nie genoeg erkenning kry nie. Maar daarin lê die skoonheid dalk. "
"Dit is ongelooflik mooi en jy ervaar 'n wonderlike stilte. Die afstand pla my nie, maar ek dink dit mag vir sommige besoekers 'n entjie uit die dorp se sentrale gebied wees."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Eendracht Apartments"'n Unieke omgewing en spesiale atmosfeer met heerlike restaurante, interessante winkels en kunsgalerye. By dit alles 'n wonderlike botaniese tuin alles loopafstand!"
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Eendracht Hotel"Ek sal weer en weer terugkom, ons beplan alweer ons volgende wegbreek."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Eendracht Hotel"Baie stil vir 'n sentrale sakegebied en so skoon. "
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
Eendracht Hotel"Tyd vlieg as jy in Stellenbosch Sentraal rondloop met al sy pragtige winkeltjies en heerlike eetplekke!"
"Stellenbosch is 'n heerlike toeristebestemming, maar net baie duur. "
"Stellenbosch se berge, bome en netheid is pragtig Die gebrek aan parkering en erge vervoerknope is 'n kopseer. Ons het Woordfees baie geniet en die pendeldiens was uitstekend!"
"Pragtige omgewing, met heelwat om te doen. Dit is naby al die mooiste Bolandse dorpe, maar die rustige atmosfeer maak dit 'n rustiger oornagplek."