Geverifieerde Resensie
Still Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Still Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 715 resensies.
"We have twice been rather unfortunate with the weather - cold strong wind, October. Would choose a different time of year next time. But otherwise I like Stilbaai very much."
"Die mense in die dorp is baie vriendelik. My arm is moeg gewaai aan al die mense wat jou groet in die verby ry. Ons het geëet by Dave's Kitchen, The Press Room en by Hannelie's Bistro. Die kos en diens is die beste wat ek al ooit beleef het. Die strand is mooi en lank, jy kan lekker daar stap. Daar is klip visywers (fish traps) wat duisende jare oud is wat jy ook kan besoek as jy wil connected voel aan ons land se ryk erfenis. Daar is 'n hele klomp nature reserves in die omgewing wat beeldskoon is. Ek gaan weer Stilbaai toe."
"Stilbaai is 'n lieflike plek. Winkeltjies om van te kies en keur. Puik, vriendelike diens oral."
"Pragtige plek en baie rustig soos die naam natuurlik weergee. Die strand is baie baie mooi."
"Stilbaai bly 'n lieflike bestemming. Maar is glad nie meer stil nie. Die ontwikkeling wat daar plaasvind is seker goed vir die ekonomie, hoop net dat dit nie die gevoel van Stilbaai gaan beïnvloed nie. Strate was besig en jy moet vroeg wikkel na die Spar of OK toe voor dit besig raak."
"Stilbaai is 'n skoon, veilige en pragtige vakansiebestemming! Ons kom vir seker weer kuier!"
"Ek was baie verbaas oor hoe pragtig die strand daar is en Jongensfontein daar naby is net so mooi."
"Genoeg winkels om als te kry wat jy nodig het. Pragtig om daar rond te ry in omgewing."
"Lovely safe little town. I even got to watch the rugby at one of the establishments, On the Rocks."
"Beautiful little town, but a very pleasant experience all around. Would definitely visit again, perhaps stay over in my favourite B&B."
"Stilbaai is lovely and clean. Stunning Spar. Match box was a treat. We will explore further next time."