Geverifieerde Resensie
Strand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Strand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 801 resensies.
"Ek ken nie die volle area nie, maar waarlangs ek al gery en gestap het was dit veilig."
"Kindervriendelike strand en see. Vriendelike mense. Dankie vir julle gasvryheid. Een uitdaging is die verkeer. "
"Die strand was so bietjie vuil met plastieksakkies en rommel wat so rond gewaai het nadelig vir ons seediertjies. "
"Dit was bietjie winderig die paar dae wat ons daar was. Heerlike groot strande en gemaklike sypaadjies langs die strand - veral omdat een van ons groep in 'n rolstoel was."
"Die Strand is 'n pragtige strand en is naby aan soveel besienswaardighede in die Kaap. Uitstekende ligging vir rondry in die Kaap."
"Goed geleë om die hele Kaapstad en omgewing te kan besoek in n' ander rigting op 'n daaglikse basis."
"Pragtige plek waar jy sielsrus vind na 'n besige jaar of selfs as jy te ooreis voel en blaas kans nodig het. Is hierdie spesiaal vir jou!"
"Heerlike strandoord - wind het gewaai by tye, maar ons kon die strandgebied besoek."
"Die Strand is een van my gunsteling-vakansieplekke om te besoek en te herlaai. Daar is baie omliggende plekke om te besoek wat minder as 'n halfuur se ry weg is. Skoolvakansie tye is natuurlik is redelike sirkus en jy moet seker wees jy het 'n plek soos Pebble Moon om weg te kom van die miernes."
"Strand is looking stunning with their new boardwalk and the beach looks clean and maintained."
"Ek gaan soontoe hoofsaaklik omdat my ma en suster in 'n aftreeoord in Somerset-Wes woon."
"Ek sal dit aanbeveel gedurende die werksdae, maar die toestroming van mense oor die naweke, met geraas en rommel sal ek definitief nie aanbeveel nie."
"Groot probleem met dronk jongmense oor naweke deur die dag en in die aand. Het glad nie veilig gevoel om rond te loop nie. Baie sad, want 'n paar jaar terug het ons vir lang ente teen die strand opgestap. Nou met sonsonder is dit nie veilig nie. Informele straat vendors verkoop openlik dwelms aan jongmense. Waar is die polisie se teenwoordigheid?"