Geverifieerde Resensie
Strand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Strand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 801 resensies.
"Ongelukkig het ons by die strand gesien hoe mense gearresteer word vir perlemoen stropery. Daardie nag was daar ook 'n inwoner in die woonstelblok geroof. Dit was so bietjie onstellend. Andersins was die strand pragtig, dalk nie genoeg goeie restaurante nie. Die een restaurant wat oor die see is, was baie teleurstellend. "
"Dit is 'n heerlike vakansieplek. Kusweg is net baie smal en kan binne seisoen nie die groot aantal besoekers hanteer nie. Parkering voor besighede is net onredelik duur."
"Vir iemand wat dalk 'n stad met baie mense verkies vir vakansie, sal dit seker goed wees. As jy stilte en rus en vrede soek, hierdie plek is baie bedrywig met baie mense en lawaai."
"Strand is seker een van die mooiste strande waar ek al was. So gelyk. Die dorpie self is so ongelooflik veilig. Daar is nie sulke hoe heinings om die huise en strand woonstelle nie. Die mense is baie veilig. Ek dink dit word nie genoeg bemark nie. Die dorpie is net ver genoeg om te ry na Kaapstad en die Waterfront en ook na Stellenbosch. Baie sentraal."
"Strand self baie besig vanaf Kersfees tot Nuwejaar met besoekers uit die Kaap. Heerlik sentraal vir besoeke aan Kaapstad, ander strande, en wynlande."
"Dit is sentraal geleë met besienswaardighede wat naby geleë is. Die arbei plaas is 'n aanbeveling."
"Strand beach is a lovely long, spacious beach with safe swimming and the waters are warm and divine! Sometimes it can get a bit windy/sandy, but usually it's just nice and sunny in summer. The beach is very big so it can handle huge crowds. A lot of eateries, ice-cream shops and take-away places to keep the tummy full. We enjoyed our few days there. "
"Strand is 'n lekker vakansie bestemming, ongelukkig baie winderig in Desember. Die strand front is baie wyd met groot swem gebied."
"Net 'n voorstel oor die eenheid, miskien 'n goeie idee om "window filming" aan die onderste gedeelte van die venters te sit vir meer privaatheid en dit sal die eenheid heelwat koeler maak."