Geverifieerde Resensie
Strand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Strand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 801 resensies.
"Die tydperk wat ons in die Strand was, was dit baie rustig en dit was presies wat ons nodig gehad het. Die kinders het die lekker warm seewater baie geniet."
"Strand is 'n lieflike plek met sy lang strande en gerieflike ligging. Die verkeer in die oggende en die middae, asook oor naweke is 'n probleem."
"Vir ons is die Strand te besig – veral gedurende Desember! Ons het nie vakansie gehou nie, net as gesin 'n wegbreeknaweek gehad wat ongelooflik heerlik was."
"Verskriklike winderige area. Die wind het letterlik 24 uur per dag gewaai."
"Baie sentraal vir diegene wat 'n bietjie in die Wes-Kaap wil toer, en 'n baie goeie en netjies se strand."
"Wind het die twee dae wat ons daar gebly het vreeslik gewaai en ons kon dit skaars buite waag."
"In Strand se hoofpad langs die see is baie padwerke. Kon nie regtig na die strand toe gaan nie. Sien uit om weer te kom as alles voltooi is."
"Dit is een van die netjieste strande in SA ongeag al die konstruksiewerk wat plaasgevind het gedurende ons verblyf. Dit is seker nodig om die strandfront verder op te gradeer."
"Mens vergeet net dat die son laat sak en veral op 'n Sondag sukkel jy om 'n eetplekkie te kry."
"Dit bly steeds 'n vriendelike dorp. Baie vir toeriste om te doen en ervaar. Naby geleë aan Kaapstad, wynroete, ens."
"We walked along the beach towards the restaurant close by and not once did we feel unsafe or threatened."
"Dis lekker sentraal en vinnig om by Somerset-Wes uit te kom maar nie so duur soos Somerset-Wes nie."
"Wind meeste van die tyd, maar die vriendelike bestemming is een van ons gunsteling keuses."
"Jou behoefte aan toerisme sal seker ook bepaal watter voorkeure of afkere jy sal hê. Die tyd tot ons beskikking het nie toegelaat om regtig te kon rond beweeg nie. Die Strand en omgewing bied verseker genoeg om jou besig te kan hou. "