Geverifieerde Resensie
South Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 125 resensies.
"Uniondale is 'n mooi skoon en goedversorgde dorpie, in teenstelling met talle ander plattelandse dorpe wat jammerlik deur hul plaaslike munisipale besture klaaglik verwaarloos en wanbestuur word. In hierdie opsig troon Uniondale bo die ander uit en vertoon vooruitstrewend."
"Is daar 'n gemeenskapsprogram in plek om die behoeftes van kinders aan te spreek?"
"Besoek die omgewing en spandeer tyd. Daar is baie om te verken."
"Sou 'n groter keuse eetplekke met traditionele kosse wou sien. Ook snuffelwinkels en antieke en versamelaarswinkels. Moes Willowmore toe ry."
"Ry die Prince Alfredpas, ek waarborg jou jy praat nie weer oor bakkies en rugby by 'n braaivleis vuur nie!"
"Lovely mountain area with plenty of scenic mountain passes and wonderful sites to visit."
"Suid-Kaapse dorpe is skoon en netjies. Uitstekende paaie. Altyd 'n plesier om daar te kuier."
"Die Suid-Kaap bied iets van alles vir almal - veral wat die natuurskoon betref. "
"Dit is 'n deel van SA wat ek meer en meer besoek. Dit lyk of die munisipaliteite nog dorpe skoon hou en die area is baie mooi."
"Die Karoo is nog steeds baie gasvry; mens hoop daar is genoeg toerisme om plekke soos hierdie in stand te hou, maar nie soveel dat dit die infrastruktuur oorweldig nie!"
"Pragtige natuur en berge. Interessante geskiedenis, pragtige ou geboue en museums om te sien. Amateur-fotograaf se droom. "
"'n Skoon, interessante en vriendelike dorp. Moenie net deurry nie, spandeer 'n paar nagte en verken en geniet die dorp."
"As jy van spookstories hou is Uniondale net die bestemming vir jou. Skoon dorp met goeie eetplekke."
"Ons het heerlike Bobotie geniet in African Aloe, my dag gemaak! Daarna hul golfbaan besoek, ongelooflik vir 'n Karoodorpie."