Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4895 resensies.
"Ons het regtig winkels en restaurante naby ons gemis. Daar het ook baie rommel by die strand uitgespoel."
"My family stays here and I grew up coming to Margate for holiday. I have a very deep love for it in my heart."
"Dis baie lekkerder vir ons by die kleiner strande soos Manaba, Uvongo en Lucien. Margate raak soms net te besig."
"Lekker plek om rustig te gaan vakansie hou, mooi strand om te gaan stap, maar ongelukkig nie dierevriendelik in die dorp nie. Munisipale verval is in verskeie plekke sigbaar."
"Ons het 'n strandhuis daar gehad in my kinderjare, my ouers het soontoe getrek in 1996 en Parys toe getrek in 2012. Die dorp het baie agteruitgegaan en ons was geskok. My Pa sal nie weer sy voete daar sit nie, maar ek het nog vriende daar so ek sal weer gaan."
"Vriendelike, oulike kuierdorpie en ons is altyd lief daarvoor om daarheen te gaan. Ek dink net die instandhouding het bietjie agterweë gebly, veral die dorpspaadjies."
"Sal nie sommer in Port Shepstone vakansie gaan hou nie. Was net daar vir die "Sheppie Ladies Golf Festival". Ons geniet die gholfbaan en is volgende jaar weer daar!"
"Baie oulike omgewing, beste is sekuriteit op die strand. Strand word elke dag skoongemaak. Heerlike mark by Illovo Kwekery oor naweke met restaurant by kwekery wat heerlike etes aanbied. Het vroeg Saterdagoggend die Springbokke-wedstryd by die Kwekery se restaurant gekyk met 'n baie goeie vibe."
"Ramsgate is an extremely pleasant place for a beach holiday. The Homeowners Association of Ramsgate is doing a superb job of keeping and updating the communal areas of the beachfront."
"Fantasties, soos altyd. Dit is egter jammer dat bedelaars ook hulle weg hierheen gevind het."
"Margate self is nie meer wat dit voorheen was nie, maar Ramsgate vir wat ons wil hê in 'n wegbreek is tops."
"Die probleem met die infrastruktuur in die area is problematies! Mense kom hoofsaaklik om te swem en 'n vars vis te vang maar met geslote strande, riskante drinkwater en vars vis is dit nie meer so lekker op die Suidkus nie."
"Dis 'n lekker plekkie met genoeg winkels naby, is maar net nie so 'n veilige omgewing nie."