Geverifieerde Resensie
Sutherland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sutherland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 942 resensies.
"Spandeer ten minste 2 dae in Sutherland want dis #diemoeitewerddorpie! Eet beslis een keer by Cluster d'Hote Restaurant - wow! Moenie die vriendelike dames van PEP Stores vergeet nie, asook die interessanthede by die Sutherland Mall. Ongelooflike dag en half daar spandeer - dankie Sutherland en jou mense."
"Dit is beslis die moeite werd om dalk meer as een nag oor te bly want daar is nogal baie om te doen en sien."
"Sutherland is een van daai plekke wat jy minstens een keer moet besoek. Behalwe vir die unieke bekoring van die Karoo en die warmte van die mense, is 'n besoek aan die Sterrewag iets besonders. Die grondpad van Ceres af deur die Tankwakaroo is 'n belewenis, maar jy moenie daar gaan staan nie want die son gaan jou vasdruk en niemand gaan weet waar jy is nie, maar die unieke Karoo-landskap en die harde wêreld is iets om te beleef."
"Rustig en vredig. Reël jou toer sodat jy gedurende die week op die dorpie kan rondstap. Daar is baie te sien maar Sondae is alles toe."
"Sutherland se grondpaaie is bekend vir skade aan bande. Ry grondpaaie rustig en sorg dat jou spaar wiel nagegaan is. Juis die grondpaaie en passe maak die omgewing 'n mooi toer bestemming. Die Oubergpas was vir my die hoogtepunt. Sterrekyk is 'n moet!"
"A truly memorable experience: an informative visit to SALT; a wonderful meal at one of the local restaurants; and star gazing - what more could we ask for?"
"As dit suiwer, skoon, vars lug en pragtige sterre is wat jy soek, kry jy dit net hier."
"Daar is baie meer om te sien as net die S.A.L.T, maar die ander besienswaardighede word swak bemark."
"Baie lekker plek om bietjie weg te breek van die stad en as jy van sterre kyk hou is dit die plek om te wees."
"The people in Sutherland are extremely friendly. Food prices are higher at some eating establishments than in the city, but that's because they have the monopoly there: it's not like you can go anywhere else to eat! Our guest house, the White House, served good lunches at reasonable prices. The star gazing experience at Oom Jurg is something that every visitor should definitely try. Something our group will always treasure! Sutherland is a special place."
"Die Karoo en sy mense is uniek, daarom hou ons so baie van Sutherland en sy omgewing."
"Dit is so 'n pragtige dorpie met die vriendelikste mense op die planeet. Die toer by SALT sal ek ten sterkste aanbeveel en die die cherry op die koek is die sterre kyk by Stargaze saam met Jurg."
"Jurg is uitsekend met sy sterretoer - sal dit hoogs aanbeveel en self weer doen."
"Kan julle reël dat die lug in die aand oop is om die sterre te kan sien? (net 'n grappie!)"
"Ek het 'n lang verbintenis met Sutherland. Maar die gebrek aan 'n snoesige warm coffee shop in die dorp waar 'n mens warm koffie kan drink en melktert kan eet, is jammer. Veral in die winter. "
"Baie oulike ou dorpie ... Sommige van hulle eetplekke is egter totaal oorboord met pryse, terwyl jy by ander heerlik kan eet vir bekostigbare prys ... Maak dus vooraf seker! Alles wat jy sou benodig as jy iets vergeet het, is wel daar te kry."
"We went to see the "star gaze" project, and it was very interesting indeed. Sutherland is a very friendly place, and everything you need for a weekend getaway."