Geverifieerde Resensie
Tergniet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Tergniet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 128 resensies.
"Altyd mooi. Het al vele kere daar by familie gekuier en ons eie plek gehad. Sal altyd weer teruggaan al is dit dan by Seester 15."
"Tergniet is effe afgesonder, maar steeds naby al die besienswaardighede. 'n Ideale vakansiebestemming."
"Lieflike klimaat! Vriendelike mense. Net jammer elke afdraand het 'n steil opdraand. Mens kan fiks word daar."
"Die padwerke het definitief 'n invloed op beplanning rondom verkeer en tye. En natuurlik die werke aan die trappe af onder na die strand. Maar ek is seker die kontrakteurs doen hul bes om spoedig af te handel, want dan is dit beslis tops!"
"Dis 'n lekker stil plekkie. Ek sou graag eendag daar wou aftree. Ai, 'n ou mag droom."
"Dit is 'n lieflike area naby die see, baie gerieflik en jy sal baie gou tuis voel!"
"What a lovely little place away from the hustle and bustle of Mosselbay, although close enough to both George and Mosselbay if you wanted to do a little more site seeing. Tergniet is a little gem with the most spectacular view! "