Geverifieerde Resensie
Transgariep
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transgariep bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 1607 resensies.
"Indien jou begroting dit toelaat is die vierster De Stijl hotel die moeite werd om te besoek. Dit het 'n uitstekende restaurant wat inloop gaste toelaat. Met 'n asemrowende uitsig oor die dam en iets lekkers te eet en te drink sal dit 'n hoogtepunt van jou reis na die Kaap wees."
"Heelwat besienswaardighede. Ons het die Norvals Pont Konsentrasiekamp Kerkhof besoek, maar is teleurgesteld in die swak toestand daarvan."
"Eerste keer dat ons die dam sien en dit was wel 'n belewenis om die groot dam te kon sien."
"As halfpad merk tussen Gauteng en die Wes-Kaap is dit 'n gerieflike ligging om te rus."
"Baie mooi en rustig, maar meer vir boot en vissermanne as jy lank wil bly."
"Doen moeite en gaan verken Norvalspont, die hotel en dan die Anglo-Boereoorlog konsentrasiekamp gedenkteken."
"Venterstad ... is one of many interesting little Free State towns, kept super clean and tidy. ... It's a lovely characterful place with lots of small animals on a Nature Reserve, along side a big dam. The dam was a tad dry when we visited it early spring in October, and the landscape gave little signs of spring from the indigenous plants... except for the heavenly Wisteria which were in bloom. If you go there for the right reasons (wide open spaces, peace and quiet, the beauty of the Karoo) it is a lovely spot."
"Ons sal beslis weer Gariepdam toe gaan en ons hele gesin saamneem. Dit is pragtig langs die dam."