Geverifieerde Resensie
Transkei
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transkei bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 384 resensies.
"Die pad na Koffiebaai is baie sleg, vol potholes. Miskien kan hulle iets doen om die paaie 'n klein bietjie beter te maak."
"Dis een van die mooiste strande/dele van die Wildekus en voel baie veiliger as Koffiebaai en ander strande. Mooiste natuurskoon en vriendelike mense. Ons sal definitief teruggaan en het al 'n hele paar mense aangemoedig om ook die plek te besoek."
"Pragtige klein afgeleë dorpie; met al die nodige beskikbaar! Die kuslyn en buurdorpies is naby en heerlik om te besoek - noord en suid! Volop voëllewe; verskeie staproetes en riviere!"
"Daar is geen plek in Suid Afrika wat jou so 'n gebalanseerde vakansie bied nie. Pragtige strande, lagoon, kranse, rotse met asemrowende sonsopkoms en -ondergang. There just ain't another place like this."
"Last visited Port St. John’s many years ago. The town is a bit grubby and unkept. The road through flagstaff and Lusikisiki has lots of potholes but manageable. The road to Mthatha is very good. Very pretty area. Worth a visit and stay at N’taba River Lodge."
"Dorp is nie baie nice nie. Stel voor om maar daar weg te bly as jy dit kan help."
"Koffiebaai self het in my opinie baie agteruitgegaan en het min om te bied, behalwe die hotel. Dit kan 'n gevolg wees van Covid-19. Maar Hole in The Wall bly 'n asemrowende gesig wat jy nêrens anders kry nie."
"Die omgewing is absoluut asemrowend. Wees net bedag daarop dat alle besighede nie elke dag oop is nie; die slagter byvoorbeeld is nie Maandae en Dinsdae oop nie, maar ons het die lekkerste hamburgerpatties daar gekry."
"Nie veel om te doen as jy van visvang en rondstap hou nie.. Port st Johns is vuil."
"Koffiebaai is 'n stukkie ongerepte natuurskoon. Die mense is egter arm en desperaat vir toeriste om hulle karre op te pas of rond te neem vir 'n vergoeding. Dit bly egter 'n juweel van Suid-Afrika met eg Suid-Afrikaanse mense en atmosfeer."
"Hole in the Wall is puik en so mooi. Die plaaslike inwoners is lastig en smeer heeltyd hul diens en kreef aan jou af. Sukkel om hulle te ontduik en is hulle redelik opdringerig."
"Port St. John’s has a wonderful landscape . The village is like any other Transkei town, shabby. Steve's pub and restaurant offers good wholesome food and service. Well recommended."