Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
"Die meeste dinge wat jy nodig het is reeds in Danabaai en jy hoef nie uit Danabaai te ry om die nodige goed te kry nie. Dit is vir my as hengelaar baie lekker in Danabaai. Ek sal enige tyd weer in Danabaai kom bly."
"Wildernis altyd die beste. Baie lekker restaurante. Net lekker om te loop op die strand of om in 'n kano te vaar al langs die lagoon af. Pragtig."
"Baie mooi strandjie met goeie privaatheid buite-seisoen, maar kan bietjie oor-besig raak binne-seisoen - soos meeste strande van hierdie kaliber. Ook binne maklike bereik vanaf George Lughawe en die dorp self."
"Die dorp het 'n karakter wat mens vinnig opval. Die lewe op 'n Saterdagoggend herinner aan vervloë dae!"
"Omgewing pragtig, paaie daarheen goed, plek het uitgebrei. Lekker om langs see en wandelpaaie te stap. Inwoners baie vriendelik."
"Sal baie graag terugkom sodra die warm swembad en slides klaar is, dink gaan baie nice wees en dan is suidersee se verbkyf ideaal vir kinders om net oor die pad te stap."
"Mosselbaai is 'n wonderlike toeristebestemming en sal beslis aanbeveel. Die diens by die winkels in Langeberg Winkelsentrum is uit die boonste rakke; personeel is vriendelik en vreeslik behulpsaam."
"Dit is jammer daar is nie meer restaurante nie, dis so mooi, maar mens moet ry om ander eetplekkies ens te kan kry, maar pragtig daar!"
"Die dorpie De Rust bied goeie verblyf en interessante winkels en eetplekke. Daar is 'n vulstasie, maar die plek se voorkoms laat veel te wense in 'n mooi dorp soos De Rust waar baie besoekers aandoen. "
"Was verras deur die feit dat Witsand en Infanta deur die pont geskei word! Gedink hul is teenmekaar? Dalk net noem dat daar geen winkel of kafee op Infanta is nie. Moet alles wat jy benodig saamneem. Maar soms is daar 'n oulike plaaslike mark en dan wil jy kontant hê!"
"Wildernis is 'n baie oulike toerisme dorpie met pragtige natuurskoon van die see asook riviere. Die dorp het veral baie goeie restaurante wat ons vreeslik geniet het. Wildernis is ook baie naby aan George en Knysna geleë vir lekker uitstappies na die groter dorpe."
"Heroldsbaai kort bietjie meer geriewe soos 'n ATM en meer restaurante, maar tog 'n rustige plek om tuis te gaan."
"Was daar vir rugby maar die seuns het die olifante en volstruise baie geniet. Toer was kort maar baie lekker."