Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 15868 resensies.
"Indien dit sonskyn weer is, is daar heelwat om te doen en kan mens dit geniet."
"Knysna se waterfront raak stagnant. Sekere restaurante se diens het uiters swak geraak. "
"Wildernis en die omliggende dorpies is ongelooflik pragtig en rustig en word beslis aanbeveel vir 'n vakansie. "
"Beslis 'n besoek werd. Baie om te sien, besoek en te ervaar in Knysna en omliggende omgewing."
Baviaanskloof Ingang, Tuinroete
Keurfontein Country House"Alhoewel die Baviaanskloof die hoofrede vir ons besoek was, is daar soveel meer om te doen en te sien in die Willowmore, Baviaans- en Uniondale omgewing. Dit is beslis nog 'n besoek werd."
"Was 'n baie mooi plek. Baie goed om te doen om 'n mens besig te hou. Rustig daar. Heerlike eetplekke! Dit was lekker om die strande te besoek al is dit nie swemstrande nie."
"Was baie aangenaam in Mosselbaai, was ook goed om buite toeriste seisoen te gaan. Baie om te doen, dorpe is naby vir uitry vir 'n dag. "
"Baie om te doen en te sien in omliggende omgewings naby aan Plettenbergbaai."
"In Robberg voel mens nie soos 'n toeris nie, dit voel asof mens 'n "local" geword het! Definitief aanbeveelbaar!"
"Oudtshoorn steel 'n mens se hart voor jy weet. Die mense is vreeslik hulpvaardig en vriendelik. Daar is oneindig baie besienswaardighede om jouself mee besig te hou. En dis ongelooflik veilig!"
"Dis 'n pragtige omgewing en baie lekker, maar daar is nie veel vir die kinders om te doen nie."
"Die plek is nie vir almal. As jy rustigheid en 'n laid-back atmosfeer soek, kortbroek en plakkies, dan is dit vir jou. En natuurlik vir vissermanne en -vroue. Die naaste mall is in George, maar Nella se Winkel is net 'n kortkop agter."