Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 15868 resensies.
"Wonderlike plek. Lekker kos, lekker aktiwiteite. Vriendelike mense. Veilig en skoon. Alles word mooi bewaar en daar is mense wat heeltyd skoonmaak. Baie gesellig. Ons het so baie geleer en gesien. Ons sal gou weer daar gaan kuier."
"Dit is 'n pragtige plek, skoon, lekker gesellig. Lekker kos en baie aktiwiteite. Vriendelike mense. Baie veilig. Sal gou weer daar gaan kuier."
"Die lodge is baie goed geleë en daar is 'n paar lekker plekkies in die straat. Bietjie onveilig gevoel op die dag met bedelaars op straat wat so bietjie gepla het."
"Mal oor Stilbaai - hou van die baie Afrikaans. Sal beslis weer Stilbaai besoek."
"In addition to being happy with the accommodation, we also found the most amazing restaurant to have dinner at; Dave's Kitchen serves Michelin star-worthy food! Highly recommend the seared tuna with wasabi mash and the pork belly. The presentation is artistic with their signature fried rice noodle crisp on top, and the quality and flavours match."
"Baie besig in vakansietyd, maar ek glo dat George goed bestuur word aangesien mens kan sien waar die munisipale tariewe en belastings aangewend word. Sigbare verkeersmense, noodpersoneel ens. laat mens gerus voel in en om George."
"Pragtige skoon area met verskillende restaurante en klein eetplekkies. Swem, snorkel, bootry en visvang."
"Sal enige tyd weer soontoe gaan, dalk kan Wildernis doen met nog 'n groot supermark soos Pick n Pay of Checkers."
"Mosselbaai is 'n baie lekker vakansiebestemming en ek sal enige tyd weer daar vakansie kom hou."
"Alles wat mens nodig het, is beskikbaar in Riversdal, en dit is naby genoeg aan Stilbaai. Ons het twee keer deur gery Stilbaai toe en die dag daar spandeer. Het ongelukkig nie veel tyd gehad om veel van Riversdal te verken nie."
"It's rural, so if you know that then you must be willing to adapt. But the mountains are magical."