Geverifieerde Resensie
Tulbagh
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Tulbagh bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 607 resensies.
"You need at least 10 days to enjoy all the major attractions. Bring your supplies along as shops and restaurants are not great in town. The wine farms are wonderful and the restaurant at Duikersdrift farm is the best."
"Vriendelike en uitlopende mense - sal aanbeveel vir 'n kort besoek van 3-4 dae."
"Baie rustig op die plaas-areas met oulike slaap- en eetplekke. Baie besienswaardighede in die dorp met ryke geskiedenis. My geboortedorp."
"So baie plekke om te besoek. Ons tydjie was te kort. Een van die mooi plattelandse dorpies wat 'n besoek werd is."
"Pragtige dorpie wat enigiemand vir 'n naweek of meer kan besig hou. Die mense is ook baie vriendelik."
"Ek glo daar is veel om te sien, maar ons tyd was bietjie beperk, maar die dorp was besonders skoon en geen bedelaars nie. Pragtige dorp."
"Ons was baie teleurgesteld dat in 'n dorp, waar die pragtige historiese Kerkstraat sentraal staan as 'n toeristebestemming, nie een van die museums in die straat Saterdagmiddag oop was nie."
"So 'n mooi omgewing. Ons het na Bosjes gery. Baie lank daar spandeer. Foto's geneem by die lieflike trou-venue. By Rietdakkie-padstal gestop. Met ope arms deur Riaan en sy vrou ontvang. Later tafels weggeskuif en gedans. Groot pret!"
"Pragtige vallei. Beslis 'n besoek werd om wyn en olywe te proe, asook die dorpie te besoek."
"Tulbagh kan beslis meer benut en besoek word. En Saronsberg is 'n wonderlike vertrekpunt vir al die ander besienswaardighede wat in die omgewing te siene is."
"Tulbagh is a lovely little town with a great sense of history and culture. We had a great time exploring the surrounding mountains too."
"Tulbagh se natuurskoon is pragtig. Die plattelandse dorp het ons harte gesteel. Oorgenoeg besoekpunte en interessante plekke om jou besig te hou."