Geverifieerde Resensie
Tulbagh
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Tulbagh bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 607 resensies.
"'n Pragtige, vriendelike en skoon dorp! Sal Tulbagh graag weer wil besoek."
"'n Baie mooi en klein dorpie! Ons het ons aandete by die Olive Terrace baie geniet."
"Tulbagh as dorp is dood op ‘n Maandag. Lekker gekuier en Dinsdag alles gesien"
"Tulbach is 'n pragtige bestemming waar wonings van vervloë dae pragtig restoureer is. Die knus atmosfeer van Kerkstraat laat 'n mens van die besige lewe en van tyd vergeet. Beslis 'n besoek werd. "
"Ek sal regtig die dorp aanbeveel. Dit was baie lekker en julle kan maar. Tulbagh jou lekker ding!"
"Het is niet groot maar heeft prachtige old Dutch houses. Het is er gezellig en het is omringd door 3 bergen, wat dan ook veel mogelijkheden biedt voor wandelingen."
"Pragtig dorp in baie mooi omgewing. Lekker om 'n skoenfabriek met vriendelike diens raak te loop en koop."
"The things I love restuarant is 'n moet om te gaan eet, baie vriendelike personeel en maak 'n draai in Kerkstraat, baie winkeltjies om in te loer."
"Baie oulike dorp met interessante museums oor veral die aardbewing van Serptember 1969. Kerkstraat met sy gerestoureerde historiese geboue baie interessant om te besigtig."
"Tulbagh is 'n pragtige en skoon geskiedkundige dorp met mooi ou geboue, interessante galerye, uitstekende restourante en 'n lekker wynkelder om te besoek. Beslis 'n besoek werd."
"Heerlik gekuier by die Bush Pub en aandete geniet by Paddagang se kaggel. Things I love deli in die hoofstraat het die oulikste snuisterye en die heerlikste skons!"
"Oulike dorpie maar geen apteek. Wees gewaarsku as jy medisyne nodig het. Oulike wyn en olyf plase in omgewing. Vreeslik geniet."
"Tulbagh sal altyd 'n pragtige dorpie wees om in te kuier as ons as mens dit sal koester om dit wat daar is te bewaar."
"Die waterval was vir ons die hoogtepunt. Goeie museums. Bietjie gesukkel om inligting aanlyn te vind oor van die plekke."
"Tulbagh het pragtige weggesteekte plekkies. Ons het veral ons middagete by Paddagang Restaurant baie geniet! "