Geverifieerde Resensie
Umdloti
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Umdloti bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 364 resensies.
"Báie beter as Umhlanga of Ballito. Nie so 'n vertrapping van mense nie. Skoon en veilige dorpie. Sal beslis weer daarheen gaan."
"Dis net jammer die krag was vir 20 ure aaneen af. Dit sal ook lekkerder wees as daar nie meer waterbeperkings is nie."
"Loved the place, so relaxing and nice to be far from the hustle and bustle of Umlangha but also close enough that the kids could go to gateway shopping mall on a rainy day. "
"Umdloti se omgewing is skoon en die strand is veilig. Die strand is ideaal vir gesinne. Geriewe soos supermarkte en restaurante is binne loopafstand. Ander strande met groter winkelsentrums en vermaak is ook maklik bereikbaar. Umdloti is perfek vir 'n luilekker seevakansie. Daar is net genoeg vakansiegangers sonder die oorvol gejaagdheid. "
"Daar is nie vreeslik baie winkels nie. Maar dit is hoekom mens met vakansie gaan, om weg te kom van alles. Maar vir die winkelliefheber is Gateway baie naby."
"Ongelooflik baie dagbesoekers wat die strande gedurende Desember besoek. Area is vreeslik besig."
"Die munisipaliteit het alle visvang op die strand verbied vir die meerderheid van die dag. Daar is net twee ure in die vroeë oggend en twee ure in die laat middag wat mens mag visvang."
"Ons was mal oor die klein-dorpie gevoel. Teenaan die kus en baie rustig. Ek hoop Umdloti kan altyd so intiem bly."
"Umdloti is n pragtige plek en ek sal beslis weer soontoe gaan, die strande is silwerskoon."
"'n Baie klein en rustige plekkie langs die see wat goed akkomoderend is vir al mens se benodighede. Is naby genoeg dat mens na enige van die groter plekke soos Umhlanga, Durban of Ballito toe kan gaan."
"Great plek met 'n ongelooflike veilige strand vir kinders, mooiste blou water en hoe lekker om elke dag die dolfyne te sien!"
"Baie goed geleë en pragtige strande met veilige swemplek. Baie oulike restaurante in die dorp."
"Mense is baie vriendlik en aangenaam. Sal beslis weer kom. Die strande is baie skoon."