Geverifieerde Resensie
Universitas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Universitas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 209 resensies.
"'n Mooi gedeelte van Bloemfontein. Die tyd het ons nie toegelaat om Universitas beter te verken nie."
"I felt safe and any tourist can be safe. It is close to the malls etc so I would recommend it."
"Universitas is voorwaar 'n wonderlike area om in te bly, aangesien jy redelik naby aan alles geleë is. Net buite die stad se geraas en tog nie verlate nie. Dit is 'n baie skoon en boomryke area wat ek vir enige persoon sal aanbeveel om in te bly indien jy graag by Bloemfontein wil of moet oornag. "
"Nie eens die koue kon 'n demper op ons verblyf plaas nie. Dit was net te great a.g.v vreindelike gemeenskap en die beste van als Universitas is naby aan als so ons ou Gautengers het nie eens verdwaal nie!"
"Sentraal geleë om binne 10 minute jou vergadering, hospitaal of dr. te kan bereik."
"Voordeel is dat dit so naby aan die universiteit is, so vir ons ouers van ver met kinders op UFS is dit baie voordelig."
"Verblyf in Universitas is baie gerieflik omdat alles so vinnig en maklik bereikbaar is."
"Vir reisigers wat weer op die snelweg moet kom, dink ek dit is ideaal geleë, dit was ons rede vir die bespreking daar."
"'n Baie rustige omgewing, die mense is vriendelik en behulpsaam."
"Vandat ons Park West ontdek het, bly ons in geen ander omgewing in Bloem nie."