Geverifieerde Resensie
Upington
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upington bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 628 resensies.
"Ons het gereis van Pretoria na Augrabies en op Upington oornag. Upington is regtig baie mooi en skoon. Die paaie is ook in goeie toestand. Ons het heerlik geëet by die Red Ox Restaurant met 'n baie mooi uitsig oor die rivier. Pryse ook heel billik. Pad en omgewing van Upington na Augrabies is baie mooi, daar is heelwat padstalle wat mens gerus kan besoek. Sal Upington beslis weer besoek."
"No street lights heading into town. You drive in complete darkness. Lots of potholes. Stop signs and road writings are barely visible."
"Sal defnitief weer Upington toe gaan. Die hele dorp was baie skoon en netjies. Panarottis mense was baie fluks en die kos verskriklik lekker. Die Oasis hotel was SKOON en personeel was baie vriendelik."
"Ek wil daar gaan aftree. Nooit geweet dit is so 'n skoon en netjiese dorp met soveel vriendelike en gasvrye mense nie. Kan nie wag om weer te gaan besoek nie."
"Augrabies-watervalle, Oranjerivier-wynkelders, Die Mas-kelders vir brandewyn en vodka is goeie rede om in Upington te kuier."
"Upington lê ons baie na aan die hart. Ons het familie wat daar woon en het 'n familieplaas tussen Olifantshoek en Upington. Baie lief vir die Kalahari."
"Die Red Ox Restaurant is 'n uitstekende opsie vir etes. Die kos en diens is onverbeterlik!"
"Ons enigste spyt was dat ons nie lank genoeg gekuier het om meer van Upington self te sien nie."
"Oranje Wynkelders en die Kerkmuis restaurant was uitstekend. Sal vir seker weer gaan."
"Upington is 'n besonderse dorp. Sakkie se Arkie is beslis iets om op die besoeklysie te moet voeg en Red Ox Steakhouse se kos is beslis die beste, tops. "