Geverifieerde Resensie
Van Riebeeckstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Van Riebeeckstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 72 resensies.
"Die seewater is so skoon en die stand is so mooi dit lyk soos iets uit 'n sprokiesboek."
"Ek is van opinie dat die inwoners van Van Riebeeckstrand die inkomste van meer toeriste sou waardeer, maar nie sou wou afstand doen van die "privaat" en rustige gevoel daar nie. "
"As die water net nie so vrek koud was nie, was dit die beste plek op aarde!"
"Lekker seedorpie met wonderlike restaurante, naby genoeg aan Kaapstad maar ver genoeg om die rustigheid van die area te ervaar."
"Lekker gesit en kuier by die damhuis en die hele dorp en strandgebied is skoon en baie netjies! "
"Dit was so mooi om mense met hulle honde op die strand te sien loop. Dit is puik."
"Die omgewing is sowat 15 km buite Kaapstad, wat dit baie meer stil en gemaklik laat voel. Jy kry 'n klein dorpie-gevoel, maar al die voordele van die stad is net om die draai. Die strand was stil elke keer wat ons dit besoek het. Dit is 'n bestemming wat ek met gemak aan enige iemand sal aanbeveel."
"Dit lyk nie vir my soos 'n swemstrand nie, maar dit is baie mooi met uitsigte oor Robbeneiland en Tafelberg. Ek vermoed my kinders sal nie van die rustigheid hou nie."
"Plek is skoon en binne loopafstand van die woonstel. Onthou, dis Kaapse strande en die water is koud."
"Dit is 'n baie mooi strand en dit is naby Melkbos. Dit is baie skoon daar op die strand en sal dit beslis aanbeveel vir enige iemand wat daar wil gaan bly. "