Geverifieerde Resensie
Vanderkloof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vanderkloof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 156 resensies.
"Ons het net oornag en kan dus nie regtig 'n mening gee nie. Van wat ons wel gesien het lyk dit na 'n plek wat wel baie aangename verblyf kan bied. Veral watersport!"
"Vanderkloof se omliggende paaie is nie in die beste toestand en verlang dringend aandag. Die dorpie self is baie aangenaam."
"Dit was ons eerste besoek aan Vanderkloof. Almal gaan gewoonlik na Gariepdam maar Vanderkloof is beslis 'n besoek werd vir toeriste. Casa Mere het byvoorbeeld ook Konferensie fasiliteite. Die lokale regering sal egter iets aan die stand van die paaie na en van die dorp moet doen as hul nie tokomstige klandisie wil verloor nie. Die strate in Vanderkloof dorp is netjies en word goed onderhou."
"I think perhaps 2 to 3 days would allow one to explore the surrounds - there is a drawback though, the access roads from both the south and the north (R48 and R389) are horrendous. Potholed-infested which, although passing through very scenic countryside, makes for a very unpleasant driving experience."
"Dis 'n heerlike, rustige vakansiedorp! Mens voel sommer veilig die oomblik wat jy daar inry. Die dam is ongelooflik mooi en groot en dis ideaal vir mense wat van watersport of hengel en die natuur hou. Die beste plek om op vakansie te hou!"
"Die R48 vanaf Bloemfontein is net skrikwekkend en onrybaar! Die Vanderkloof was 'n oase vir ons."
"A nice village with all the necessary conveniences. The garage has a range of other products like fishing gear, bait, car accessories, whatever!"
"Ons het verlief geraak op die skoon en rustige dorp. Die mense se vriendelikheid het ons dadelik opgeval en almal groet. Dankie Vanderkloof dit was goed."
"Vanderkloof is 'n mooi dorpie. Ek was verbaas met hoe skoon die dorp is en die dam is 'n moet-sien. "
"Fantasties as jy wil wegbreek van die besige lewe af. Daar is nie veel wat op die dorpie aangaan nie, maar dit het als wat nodig is."
"Daar is nie veel om te doen nie, daar is te veel klippe vir visvang, die lyne bly vashaak. Dis ideaal vir 'n bejaarde egpaar wat wil sit en boek lees en wil slaap."
"Had a wonderful meal at Oppidek - also superb service, food was tasty and well prepared, staff friendly, also recommended."