Geverifieerde Resensie
Vanrhynsdorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vanrhynsdorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 391 resensies.
"Lekker tee en wortelkoek geëet by die kwekery. Jammer oor daar nie blomme was. Andersins lekker pannekoek geëet."
"Baie goeie plek om as jou basis te gebruik en vandaar af uit te ry na al die belangrike bestemmings."
"A bit close to Cape Town if you're heading to Kgalagadi but perfect for flower season."
"Vanrhynsdorp lyk op die oppervlakte 'n bietjie rof en afgeskeep. Maar as 'n mens kokerbome en interessante woestynplantjies geniet, is hierdie dorpie 'n paradys. Die kokerboomkwekery is fassinerend. Die ou tronk was ook 'n plesier om te besoek."
"Baie interessante klein dorpie. Is nogal nuuskierig om te weet hoekom hulle so groot korrektiewe eenheid in die middel van die dorp het. Kon wel uitvind dat dit meestal lyk na rehabilitasie en EBET-fasiliteite vir korrektiewe dienste. Aangenaam en skoon. "
"Pragtige plattelandse dorpie, vriendelike mense. 'n Plek om enigetyd weer te besoek!"
"My 3 sterre spruit uit onkunde - ek was te kort daar, om die dorp behoorlik te bekyk. Wat ek wel sterk ervaar het, was 'n gevoel van veiligheid en vriendelikheid."
"Baie mooi dorpie, maar moenie daar land op 'n vakansiedag nie, dan moet hulle 'n kennisgewing opsit wat sê, "gesluit". Gelukkig is die petrolpompe darem oop. "
"Die Gifbergpas is 'n moet. Gaan stop daar en spandeer tyd. Elke rots het sy eie verbeeldingstorie. Vanrhynsdorp is naby genoeg aan die see om 'n dag oor te ry en daar te verwyl. En moenie die Olifantsvallei met sy wingerde wat oor 'n paar kilometers strek, weggooi nie - dis 'n openbaring. "
"Oulike dorp! Kon als kry wat ons gesoek het en almal was vriendelik!"
"A "must" on the flower route. Get there early in the season (late July / early August). September might be too late."
"Direk in Vanrhynsdorp is daar minder dinge wat vir ons aantreklik is, maar die omgewing is baie interessant, veral die plantegroei."
"Lekker oorblyf dorp, en Red Oc by Letsatsi Lodge is 'n heerlike restourant. Naby Gifberg wat 'n lekker bergpas het en mooi tussen die Rooibos plantasies asook druif priële as jy by Ouberg pas afkom. "
"The purpose of our visit was to see the "flowers". We visited the Museum which we enjoyed. We enjoyed our meal in a local restaurant and the surrounding scenery is beautiful. "
"Ons kon al die basiese goedjies daar kry. Die omgewing is mooi en daar is verskeie roetes wat mens om Vanrhynsdorp kan ry soos bv. die wynroete, die roete na Strandfontein en die Gifbergpas. "