Geverifieerde Resensie
Velddrif
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Velddrif bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 860 resensies.
"Very difficult to find current information about what the place offers on the internet. We had to ask the locals for information. The locals are very friendly. Also some places do not take cards so you need to have cash on you, which was a bit of a problem."
"Dit is 'n stil, skoon vakansie dorpie met vriendelike mense. Dit is 'n lekker wegbreek van die staf se woelige lawaai. Baie veilige dorpie."
"Vir 'n hengelaar bied Velddrif heelwat geleenthede om te hengel van rivier tot in die see. Velddrif is sentraal en het al die nodige winkels. Dis ook nie ver van ander kleiner plekkies nie."
"Lovely, quiet little town, good for relaxing and breaking away from the hustle and the bustle of the city."
"Ons het sommer 'n visstok in die water gegooi op pad huis toe - net onder die brug waar mens inry - son vang jou bietjie, maar lekker rustig."
"A small town, nothing more than 5min away. Great town and from my experience very safe."
"Dit is 'n mooi rustige plek met vriendelike mense en asemrowende uitsig oor die rivier en see."
"Velddrif is tipies weskus - as jy hou van die weskus dan sal jy Velddrif geniet. Daar is genoeg in die area om almal besig te hou."
"Velddrif is soos 'n ongeslypte diamant; die plek het baie potensiaal! Ons sou graag wou hê dat die toeriste-aantreklikhede meer ontwikkel en bemark sou word, maar dit gesê, sou dit verkeerd wees as die plek te veel kommersieël word. Die voëlkyk rondom die dorp is fantasties, en dit sou wonderlik wees om miskien een of twee skuilings (bird hides) te hê vanwaar mens dit kan besigtig. Die sout en vis industrie moet miskien 'n bietjie meer bemark word. Afgesien daarvan, heers daar 'n rustieke, plat-op-die-aarde atmosfeer, wat baie Weskus dorpe al verloor het!"
"Very helpful people, as it was my first visit, information was given when asked. "