Geverifieerde Resensie
Vredenburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vredenburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 180 resensies.
"Baie rustige dorpie, verkeer is baie rustig, die winkels is nie te ver van die gastehuis af nie."
"Baie sentraal geleë vir besoeke aan verskeie pragtige plekkies langs die Weskus. "
"Vredenburg is 'n baie oulike dorp wat as sentrale vertrekpunt gebruik kan word om al die dorpe in die omgewing te besoek. Ons het Saldanhabaai, Langebaan, Mykonos, Jacobsbaai en St Helenabaai besoek. Die blomme teen die kus was mooi. Interressante eetplekkies soos die Strandloper moet verseker besoek word. "
"Baie hartseer dat die uiteetplekke so beperk is. Nee wat, daaraan glo ek kan ietsie gedoen word."
"Sentraal naby Saldanha en Jacobsbaai en nuwe Mall maak dit gerieflik. Vredenburg is 'n skoon dorp."
"Dit is 'n rustige en netjiese dorp en redelik sentraal. Ek sal dit weer besoek. "
"Alhowel ek Vredenburg nie as n toeristebestemming sal beskryf nie, is die dorp netjies, skoon en die mense vriendelik. Dit is wel baie sentraal tot ander toeristebestemmings soos Paternoster, Jacobsbaai, Saldanha en St Helenabaai."
"Baie naby aan al die plekke wat ons graag wou sien, nie so duur soos omliggende dorpe se verblyf nie."
"Sentraal geleë naby alle Weskus-bestemmings met 'n groot mall wat aan al jou behoeftes kan voldoen."
"Vredenburg is sentraal geleë om al die omliggende Weskus-dorpies te besoek."
"Vredenburg is redelik sentraal geleë om te dien as staanplek vanwaar ander besienswaardighede aan die Weskus besoek kan word."
"Vredenburg is baie sentraal vir Paternoster en ander omliggende dorpe en is nie so duur nie."
"Baie tevrede met Juffroushoogte. Ek het reperasie nodig gehad op my bril. Beland by Weskus Mall. Groot, uitstekende diens gekry by oogaarts. Was net kort in die dorp, baie sentraal vir klomp toeriste-bestemmings daar rond."
"Vredenburg het als en nog meer - in die dorp alles beskikbaar asook die nuwe Weskus mall. Naby Langebaan en Parternoster."
"Dit is 'n oulike plek, maar sal volgende keer nader aan die see wil wees."