Geverifieerde Resensie
Vryheid
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vryheid bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 84 resensies.
"Vryheid het baie goeie kleintyd herinneringe vir my omdat my ouma hulle daar gewoon het. Die dorp laat jou die groot stad weer waardeer."
"Daar is soveel geskiedkundige plekke wat ons nog wil gaan besoek. Vryheid is baie sentraal ten opsigte van die ryk geskiedkundige gebied wat 'n mens kan besoek. "
"Mooi dorpie. Het Bloedrivier-monument en -museum besoek. Dit was vir ons en die kinders baie leersaam."
"Die dorp is lekker sentraal om oor te bly terwyl jy verkenning doen oor die Voortrekkers en hul geskiedenis. "
"Ons het gaan werk daar, so het nie baie tyd gehad om na die al die mooi plekke toe te gaan nie."
"As gevolg van droogte is daar tans geen munisipale water nie. Geskiedkundige plekke is wetenswaardig."
"Vryheid gaan tans deur 'n erge water tekort.Maar die gemeenskap staan saam en omliggende dorpe en boere stuur water vir gebruik na 'n sentrale punt om dit te versprei."
"Ek weet nie van 'n toeristebestemming nie maar vir 'n besoek aan Bloedrivier monument op 16 Des. was 'n oornag op Vryheid geskik."
"My passie is om kerk geboue af te neem was met vriendelikheid en passie by almal ontvang!"
"Pragtige natuurskoon, naby aan Bloedrivier en soortgelyke geskiedkundige monumente. "
"Aangesien ons daar was vir 'n rugbytoernooi, was daar nie regtig tyd om die omgewing te besigtig nie."