Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Bloemfontein is die rosestad met mense met harte van goud. Bloem het en sal maar altyd 'n sagte plek in my hart het."
"Universitas Ridge is 'n woonbuurt. Indien jy na restaurante soek of 'night life' soek is dit nie die plek vir jou. Maar indien jy rus soek of selfs 'n student of sakeman is wat stilte en rus soek, is die plek wonderlik. "
"Very friendly town. Definitely worth a visit! We visited the "Naval-View" and met a Giraffa camelopardalis. Amazing."
"Parys het die vriendelikste mense wat almal jou graag wil help. Vra maar vir enige iemand en almal sal jou plekke uitwys of aanbeveel. Eetplekke is ook baie, maar pasop hulle is meeste eers oop vanaf Woensdae. Gaan besoek Parys, daar is baie weggesteekte juweeltjies wat wag om ontdek te word. "
"Dit is die oulikste plek en die Hotel is regtig aan te beveel. Lekker naby aan Clarens. "
"Is in Welkom gebore in 1955, is daar weg einde 1973. Eerste keer weer in Welkom gekom gedurende 2011. Weer nou in 2019 en die mooie stad is in 'n toestand! Die strate val uitmekaar uit, potholes groter as wat mens kan dink, die vuilgoed hope lê orals op sypaadjies! Regtig geskok om die stad in so 'n toestand te sien!"
"Rouxville kort soos alle klein dorpies 'n sterk toerisme vereniging. Daar is pragtige vervalle geboue wat smeek om gebruik en gerestoureer te word. Ongelukkig is Rouxville seker nie op 'n toerisme roete nie. Die gevoel van die dorp is veilig en rustig."
"Parys was 'n baie lekker toerismedorp en daar is baie alternatiewe blyplek beskikbaar teen 'n fraksie van die koste."
"Mooi dorp en omgewing. Vir 'n biker is dit van die mooiste omgewing om bike te ry. Golden gate baie mooi roete mat sy lekker skerp draaie op die bergpas. Fouriesburg pad lekker lang hoe spoed draaie en baie mooi. Kan oom die Winmill pub aanbeveel. Vat die Biltong en Feta Pizza!"
"Clarens is en sal altyd 'n baie lekker en unieke plek bly in S.A. Daar is so baie om te doen binne en buite Clarens."
"Clarens is baie duur, nie die beste plek om kruideniersware te koop nie. Bring eerder saam wat jy nodig het as jy in selfsorg-akkommodasie gaan bly. "