Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Pragtige dorp met sandsteen-argitektuur. Pragtige natuurskoon vir die dapper stappers om self te ontdek."
"Pragtig. Kan oral in winkels rondsnuffel, eetplekke puik waarvan Cherry on Top beslis uitstaan vir hulle diens en kos."
"Die dorp bied nie veel nie maar daar is pragtige natuurskoon en historiese besienswaardighede in die omgewing."
"Baie lekker plekkie om na toe weg te breek. Ongelukkig is die pad op sommige plekke onbegaanbaar. Het lekker eetplekkies en winkels om te besigtig."
"Baie lekker. Maak seker jy gaan draai by die vrouemonument en ook by Tempe Armor Skool. Baie interessant! "
"Fouriesburg is 'n oulike, stille dorpie vir 'n rustige vakansie. Dit is naby aan Clarens, Ficksburg en Golden Gate."
"One cannot compare Winburg with Boschrand. Winburg is a typical Free State Village, although it does have some historical importance. Boschrand is a purpose designed game farm with a lodge and accommodation."
"Ek was aanvanklik baie skepties omdat ek gereeld in die nuus lees van inbrake in die Westdene-omgewing, maar het nie vir een oomblik onveilig gevoel terwyl ek daar was nie."
"Dit is net die plek om te ontspan. Wens ons kon meer tyd in die dorp spandeer het!"
"Nie baie daarvan gesien nie. Ons het die aand in Welkom gaan eet - net so 10 km van Frandori Guesthouse."
"Hoef regtig nie ver te reis vir aangename verblyf en dinge te doen en sien. Antiek en eetplekke is van die boonste rakke. "
"Die dorp se strate is reggemaak vandat ons laas daar was. Dit is n eersteklas toeristedorp met goeie diens oral."
"Parys is 'n baie lekker kuierdorp, vriendelike mense en baie oulike eetplekke. Winkeltjies het ook ietsie vir almal se smaak."
"Bethulie is 'n baie oulike dorpie met baie geskiedenis. Regte boeregemeenskap wat gasvry is. Baie rustig en stil. "
"Beautiful area - the scenery between Ficksburg and Ladybrand is so beautiful and between Ladybrand and Bloemfontein as well. The Free State is really a gem! Just wish I had more time to walk around in this beautiful little town."