Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Wonderlike restaurante, klein winkeltjies en kunsgalerye, asook mooi staproetes wat 'n bietjie beter geadverteer kan word."
"My man was in Tempe en dit bring herinneringe terug. Afgesien daarvan was daar nie veel meer om te doen nie."
"Clarens is in 'n wonderskone kom tussen veelkleurige sandsteenberge geleë. Buiten vir die vars lug en pragtige omgewing, beskik Clarens ook oor die oulikste winkeltjies wat wenskopers vir ure besig kan hou. Ek het my verstom aan die uiteenlopende aktiwiteite wat Clarens Xtreme aanbied - my vingers het sommer gejeuk om hul klimmuur aan te durf! Bethlehem is ongeveer 30 minute buite Clarens en beskik oor 'n groot winkelsentrum (Dihlabeng Mall) waar jy enige iets en nog meer onder een dak kan kry en Golden Gate Nasionale Park is ook ongeveer 25 minute buite Clarens geleë."
"Kroonstad was eens op 'n tyd 'n wonderlike dorp, maar is ongelukkig nou 'n rommelhoop."
"Die paaie in Harrismith is baie sleg met verskeie slaggate wat vir 'n reisiger groot ongerief en skade kan berokken indien jy 'n band sou verloor."
"Ons het die winkels vreeslik geniet. Let wel dat meeste van die kuns en antieke winkels al 16:00 in die week en op Saterdae sluit. Ons het heerlike ontbyt by EnStyle geëet en die etes by O's en Jimmy Jaggers was uitstekend."
"Trudie van die museum was baie behulpsaam met inligting oor die area en die konsentrasiekampe, asook die monumente in die area. Sal graag langer tyd in die area wil bly. Dis ryk aan Afrikaner-geskiedenis. "
"Dit is n pragtige en rustige dorp met voldoende aktiwiteite. Selfs vir die jonger geslag, wat ons aan enigiemand kan aanbeveel."
"Heeltemal te besig na my smaak. Ongelooflike natuurskoon, maar die toerisme oorheers die dorp."
"Goed geleë vir die besienswaardighede in die Oos-Vrystaat, maar die dorpie self bied buiten die hotel en restaurant nie veel nie."
"Sal graag langer in Zastron wil bly sodat ek die groot rotsformasies kan verken wat oor Zastron uitkyk."
"Dit is 'n stil en rustige woonarea met pragtige tuine. Dit is naby die middestad van Bloemfontein en gerieflik naby winkels as jy iets nodig het of wil gaan eet. "
"Clarens is 'n rustige dorpie met pragtige berge reg rondom. Winkels en eetplekke maak baie vroeg toe. Daar is baie aktiwiteite in die omgewing om aan deel te neem."
"Senekal Moederkerk (Klipkerk) is regtig 'n mooi kerk (as jy belangstel in argitektuur). Oons het ons ontbyt en kuier by die Senekal Padstal (langs die R70) baie geniet (kos en snuisterye). Beslis 'n pitstop werd."
"Baie goed geleë en naby alles. Vandaar kan jy enige ander plek binne 15 tot 20 minute bereik as die verkeer nie te besig is nie."
"Nie 'n kunskenner nie en daarom was 4 dae genoeg om alles te ervaar. Die berge is 'n belewenis! "
"Bethulie is 'n klein plekkie, geen gejaag of lawaai nie. Baie ou geboutjies met heelwat geskiedenis. Ons was ongelukkig laat op 'n publieke vakansiedag daar en kon nie dit ten volle geniet nie. Skoon, rustig en netjies. Baie veilig. Eg platteland."