Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Pragtige dorpie, parkeer jou voertuig en loop van winkel tot winkel, daar is iets vir almal."
"Pragtige dorp met heerlike eetplekkies en winkels. Die rivier en omgewing is pragtig."
"Clarens is 'n pragtige dorp in 'n uitmuntende omgewing. Pragtige natuurskoon."
"'n Plekkie vol geskiedenis waar tyd stil staan. Vriendelike diens waarookal jy gaan. Goeie kombinasie tussen tradisionele en moderne restuarante."
"Ons was verbaas om te sien hoe mooi die dorp is. Het in die verlede net gery om by ons bestemming uit te kom maar nou sien ons eers wat ons gemis het."
"Pragtige rustige dorpie waar jy nie genoeg tyd oor 'n naweek het om alles te sien wat die dorpie bied nie. Die stofstrate en wandelpaadjies laat jou aan 'n vergange era dink en die oorvloed van plantegroei gee 'n nuwe betekenis aan boomryk! Niks is bloot net gewoon aan die klein dorpie nie!"
"Clarens is 'n fantastiese toeristebestemming - of jy alleen, saam met jou huweliks- of lewensmaat, vriende of familie is, jy kan bepaal hoe rustig of hoe besig en aktief jou wegbreek gaan wees."
"Die bietjie wat ons gesien het, was goed. Sou meer tyd wou hê om als te verken."
"Lieflike dorpie wat heerlik rustig is deur die week en 'n woelige atmosfeer oor naweke. Meer winkels kan dalk deur die week oop wees?"
"Clarens is pragtig en goed geleë om omliggende areas te besoek. Die pad en natuurskoon na Fouriesburg, Ficksburg en Golden Gate is asemrowend."
"Rustige woonbuurt. Verkeer is hanteerbaar en daar is veilige gedeeltes vir stap of draf namiddae. "