Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"As jy lief is vir kuns, lekker eet en prag uitsigte is Clarens die regte plek vir jou."
"Ons het Clarens baie geniet, al was dit 'n druk tydperk met baie toeriste. Ons aanbeveling is dat daar meer parkering beplan word om groot groepe mense in besige tye te akkommodeer. Ons was 3 jaar terug in Clarens en was verbaas dat die spyskaarte van restaurante so afgeneem het in die hoeveelheid opsies."
"It was different from the typical holiday spots, we enjoyed Clarens and the drive around, not much to do though."
"Klein dorpie. Eagles pub is 'n goeie plek om die rugby te gaan kyk en iets te eet. Leeu plaas naby is 'n besoek werd."
"Clarens is so 'n onbeskryflike dorpie met vriendelike en hulpvaardige mense. Onthou sonblok tydens die somer! Golden Gate Nasionale Park is 'n wonderlike dag-uitstappie!"
"Baie klein maar aangename dorpie. Die mense is so vriendelik en behulpsaam. Sal beslis weer soontoe gaan."
"LOVE die plekkie! 10/10 vir Clarens. Eerste keer daar, maar sal weer teruggaan en ander deel van Clarens beleef. Dankie LekkeSlaap!"
"Baie klein dorpie, maar die sakekern was redelik goed onderstaun deur besoekers. Clarens wat 35 km vanaf Fouriesburg gelee is, was natuurlik 'n belewenis oor die langnaweek."
"Het nog net vriendelikheid en gasvryheid in die Vrystaat ervaar! Die Vrystaat is pragtig."
"Fouriesburg is klein maar in die omliggende gebied is daar baie om te doen en sien. Selfs indien 'n mens na die "Lesotho Highlands Water Scheme" toe gaan. "
"Clarens is in 'n ongelooflike mooi deel van ons land geleë. En dan is daar genoeg eetplekke met smaaklike disse."
"Universitas is voorwaar 'n wonderlike area om in te bly, aangesien jy redelik naby aan alles geleë is. Net buite die stad se geraas en tog nie verlate nie. Dit is 'n baie skoon en boomryke area wat ek vir enige persoon sal aanbeveel om in te bly indien jy graag by Bloemfontein wil of moet oornag. "