Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 10906 resensies.
"Dis die moeite werd om 'n besoek aan Clarens te kombineer met 'n besoek aan Golden Gate."
"Baie goed geleë. Alles wat jy wil hê is naby. Winkelsentrums, casino is 2,5 km weg van 34@dapper. "
"Dis altyd lekker, vriendelik in Clarens. Party verblyf is duur, Die Kruik uitstekende waarde vir geld."
"Het ons tyd daar geniet. Lekker gedwaal tussen die winkeltjies. Wye verskeidenheid goedere te koop."
"Baie mooi ou dorp met baie oulike winkeltjies, bietjie duur, die uitsig oor die berge is baie mooi. "
"Beautiful scenery and lots to do and see - will highly recommend a visit to this little town!"
"Dit is lekker sentraal en maklik om van daar na besienswaardighede in Bloemfontein te ry."
"Winkeleienaars is glad nie vriendelik nie, asof jy hulle iets skuld as jy in hulle winkel rond stap."
"Die dorpie is beautiful en het dit baie geniet. Lekker geëet en net dit geniet. Die plakkerskamp naby die gastehuis is kommerwekkend en mens kan die musiek en geraas hoor in die aand maar het geen probleme gehad nie. "
"Die kunstefees wat voorloper is van Grahamstad fees word daar opgevoer. Was glad nie bewus daarvan nie."
"Baie aangename dorpie om te besoek, maar die oorvloed mense was bietjie erg. Kon glad nie plek kry in enige van die beter restaurante in die dorp nie."
"Baie klein dorpie, maar dis special en dis hoekom 'n mens dit besoek en dis naby al die res van die aantreklikhede soos Clarens waaroor die vrouens mal is. As jy bike ry soos ons ook doen is die paaie rondom Clarens-Fouriesburg-Golden Gate awesome paaie om te ry met 'n motorfiets."
"Clarens was nog altyd 'n topklas-destinasie. Solank as wat dit nie verder uitbrei nie, maar net so bly, behoort dit altyd n lekke plek te wees om heen te gaan."