Geverifieerde Resensie
Wakkerstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wakkerstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 343 resensies.
"Was baie verras oor die toestand van die dorp aangesien ek self in die omgewing groot geword het asook op skool daar was. Ken die dorp en het nog verbintenis met mense daar. Dit is 'n lafenis vir enig iemand wat bietjie wil afskakel en uit die stads gewoel wil kom om te rus en die natuur met wat dit bied kom geniet."
"Wakkerstroom word gesien as een van die veiligste dorpies in Suid Afrika, en mens kan dit sien en voel! Ons het dit vreeslik geniet. Die mense van die dorp was so vriendelik. Die geskiedenis van die dorp is baie interessant, dis waarlik 'n juweel van 'n dorpie met die skape en perde in die huise se agterplase, werklik 'n dorpie om in te gaan kuier."
"Wakkerstroom is 'n onontdekte juweel. 'n Voëlkyker se paradys en glad nie te ver van Jhb en Pta af nie."
"Baie mooi dorpie om weg te breek uit stad uit. Dit is net baie ver geleë van enige stad/lughawe/nasionale roete af."