Verified Reviews
Waterberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Waterberg
Rated 4.4 out of 5 based on 1739 reviews.
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Rustgevonden"Die dorp self is nie vir ons baie aantreklik nie. Huise is soms te na aan mekaar gebou. Nou in die winter is daar te veel stof en alles lyk droog en grys. Baie strate is in 'n erge kondisie. By Leeukruin, waar Rustgevonden is, is die kondisie baie beter."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Vir Altyd"Hulle kan meer inligting verskaf oor die reservaat en die paaie opknap. Mens verdwaal baie maklik in die reservaat, omdat daar nie genoeg aanwysings is nie. Dalk kan hulle 'n wandelroete of hike maak vir mense wat graag wil stap en nie verdwaal nie."
"Heerlike ontbyt geëet by Lillies & Limes. Om by Hunky Dory koffie te drink en in geskenkewinkel rond te kyk, is 'n moet."
"The roads from the highway were terrible. It will be economical to fix the roads. You would lose business if the roads are not fixed."
"Die bosveld is 'n toeristebestemming. Daar is baie oulike plekke rondom die Waterberg area."
"Ons glo dit is 'n ideale toeristebestemming. Kan gerus meer bemark word."
"Modimolle lyk soos enige ander dorp in die nuwe Suid-Afrika. Dit is nie iets wat ons kan beheer nie tensy die regte mense weer aan bewind kom."
"Vir 'n Bosveldbestemming is dit baie mooi en daar is darem genoegsame winkels om die nodigste aankope te doen. Die paaie in die dorp het wel aandag nodig, soos die meeste klein dorpies op die platteland."
"Eg glo die besighede in die dorp voorsien vir seker in elke toeris se behoeftes."
"Die dorp opsigself is vuil en vertoon slordig. Duidelike bewys van baie swak diens en instandhouding."
"Die dorp self is vervalle net soos alles in ons nuwe SA is. Dit gaan baie verg om ons stede en dorpe weer op standaard te kry, ek glo nie die huidige regering is in staat om dit te verander nie."
"Convenient stop-over especially for people with an interest in birding given the close proximity of Nylsvlei."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Savanna"Netjies opgepas. Diere loop tussen die huise rond en paaie is ordentlik benoem en sigbaar."
"Ons was in Modimolle vir privaat besigheid. Die omgewing is baie mooi en rustig. Die inwoners is baie behulpsaam en vriendelik."
"Dis 'n regte Laevelddorp met 'n lekker groot Spar en paar klein eetplekkies. Vir ons is dit nie moeite om te moet ry nie. Nelspruit is naby genoeg as mens meer soek."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Leeupoort Boshuis"Ideaal vir diegene wat in die natuur en stilte weg van die stad wil ontspan."