Geverifieerde Resensie
Waterberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waterberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2618 resensies.
"Ons bly maar in Suid-Afrika en is skrikkerig om tot laat buite te braai of om staproetes aan te pak."
"'n Mens kan sien Bela-Bela is net 'n toeristedorp. Maar baie lekker en die mense is vriendelik. "
"Oulike winkelsentrum en baie soorte restaurante. Baie toerisme vriendelik en baie beïndruk met die plaaslike inwoners wat so in die verby ry groet. 'n Baie vriendelike dorp."
"Die groter Bela-Bela omgewing met sy verskeie akkommodasie opsies, sal geen Bosveld liefhebber sommer teleurstel nie."
Lephalale (Ellisras), Waterberg
Bateleur Tented Safari Lodge and Bush Spa"Die dorp is netjies met goed toegeruste winkels om aankope plaaslik te doen deur toeriste."
"Die buite dele en toeriste fasiliteite lyk almal opwindend. Nie so seker van die tradisionele dorp nie, dis vuil en verwaarloos."
"Bela-Bela is 'n mooi en skoon dorp. Die tuine is kleurvol en die mense baie vriendelik en hulpvaardig."
Lephalale (Ellisras), Waterberg
Palm Inn Guesthouse"The place is not easily accessible due to lack of signs saying "Lephalale", especially from Polokwane using Seshego Road."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort"Dit is 'n ongelooflike ervaring met die diere wat vrylik in die dorp rondbeweeg. Baie veilig vir stappers en heerlik om te kon rondstap. Sommige van die erwe en huise lyk baie sleg wat bietjie afbreek doen aan die algehele gevoel van die dorp. Wonderlike vriendelike omgewing met mense wat mekaar nog groet in die verbygaan. Het heerlik in die restaurant gekuier en die diens en gasvryheid is puik. Sal beslis weer gaan."
"Bela-Bela is 'n wonderlike Bosveld dorpie met pragtige sonsopkomste en sonsondergange. Lieflike natuur en diere lewe, veral gedurende somer maande. Kan goed warm word maar daarvoor sorg jy net dat jy in 'n woonplek bespreek met lugversorging. Bela-Bela is 'n gerieflike 1 uur vanaf Pretoria. Mens voel altyd vernuwe en ontspanne wanneer jy eers bietjie Bela-Bela toe was."
"Mooi en vriendelike dorpie. As die padwerke eers klaar is sal dit 'n plesier wees om daar te wees."
"Euphoria Gholfbaan en Spa is 'n moet vir enige besoeker in die area."
"Bela-Bela is toegerus met 'n verskydenheid restaurante om almal se sak te pas, 'n paar verskillende plekke vir kruideniersware koop en 'n straatmark vir dingetjies en datjies. "
"The place is friendly for visitors and is welcoming to everyone, irrespective of race or gender. "