Geverifieerde Resensie
Waterval-Onder
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waterval-Onder bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 20 resensies.
"Die omgewing is pragtig en daar is baie te doen vir natuurliefhebbers, maar Waterval-Boven sowel as Machadodorp gaan ten gronde."
"Daar is nie veel vir toeriste nie. Dis die ideale plek vir sommer net wegbreek en natuurlik genoeg ruimte vir byeenkomste. Die omgewing is pragtig en baie rustig. Mense wat wil besig wees gaan dit nie geniet nie. Dis 'n plek vir ontspanning en net mens wees."
"Krugerhof is mooi opgepas en heel insiggewend, maar die res van die dorpie het min gebied."
"Ja die Kruger-huis is omtrent net oorkant die pad en die trein ervaring is prysloos!"
"Dis my tweede besoek in 'n maand, en ek is crazy oor die plek! Het ook Kaapsehoop ontdek wat 'n groot aantrekkingskrag is vir Waterval-Onder, veral toe ek ontdek een van die gastehuise is presies my naam. Wilde perde is amazing. "
"Waterval-Onder het nie veel om te offer as 'n toeriste-bestemming nie, maar daar is baie oulike plekke nie te ver van Waterval-Onder af nie."
"Ons het die volgende oggend gou deur die ou tonnel gestap tot by die waterval. Dit was 'n belewenis. Net jammer die fasiliteite by die tonnel is so verwaarloos en geplunder. Die sekuriteit is egter 'n groot voordeel."