Geverifieerde Resensie
Waverley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Waverley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 56 resensies.
"Ons het net daar oornag na JHB en dit was perfek as 'n oornagplek aangesien dit naby 'n winkelsentrum was waar ons kon gaan kos koop vir aandete en ook vir die pad die volgende dag. Baie mooi area, maar het ongelukkig nie lank genoeg gebly om dit te kan verken nie."
"Magarita's Seafood and Grill is 'n ongelooflike restaurant in die area wat deur die gastehuis vir ons aanbeveel is. "
"Die feit dat die Bayswater Village sentrum net om die draai is, was fantasties. Veral omdat ons soveel langer daar gebly het."
"Ek het my smuktassie tuis vergeet, ons kon by 'n groot mall gaan en alles wat nodig was vir die naweek by Dis-Chem gaan koop. Daar was ook 'n Clicks. Daar is 'n verskeidenheid van restaurante en die een wat ons gekies het se kos wat uit die boonste rakke. Ek is nie seker wat daar te doen is in Waverley nie aangesien ons net oornag het, maar vir ons behoeftes was Waverley perfek. "
"We had meetings at Mimosa Mall and this was very close to the Mall and close to the highway to get in and out of Bloemfontein."
"Rustige area. Bly gewoonweg in 'n gastehuis nie ver van die een wat vyf ster is."
"Al die winkels is binne loopafstand beskikbaar. Dit is vinniger om winkels toe te loop as om te ry. Baie gerieflike en sentrale area om te bly."
"Glad nie ver van die middestad af nie, ons was binne vyf minute waar ons moes wees."
"Good and quiet area not close to the highway, but that wasn't a major thing for us. "
"Waverley is 'n wonderlike woonbuurt met groot bome, mooi huise en goed versorgde tuine. Die feit dat dit aan die kant van die dorp is en naby die hoofweg maak dit 'n besondere goeie ligging vir oornagverblyf. Daar is ook 'n sentrum naby met lekker restaurante en winkels."
"Waverley is mooi boomryk, gevestig en stil. Ons het geen verkeer gehoor nie. Net die hadidas het ons een oggend bietjie gepla, en daaroor het mens nie beheer nie. Dis ook 'n goeie ligging, veral vir die noordelike gedeelte van Bloemfontein."
"Pragtige omgewing, naby Oeliewenhuis Museum en selfs naby 'n winkelsentrum geleë."