Geverifieerde Resensie
Welgemoed
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Welgemoed bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 32 resensies.
"Welgemoed is 'n aangename en boomryke buurt, maar ver van enige besienswaardighede. Veral gaste van Gauteng wat nie die Kaap ken nie moet in gedagte hou dat Welgemoed nie naby die see is nie! Welgemoed is geskik vir mense wat die Kaap vir besigheid of 'n geleentheid soos 'n troue moet besoek, eerder as 'n vakansiebestemming. Dit is net 'n veilige en rustige buurt om oor te slaap. "
"Welgemoed is strategies geleë t.o.v. toegang vir toeriste na die Weskus, die N7 deur Namakwaland na Namibië, die N1 deur die wynlande noordwaarts en die N2 deur die Rûens en die Tuinroete suid- en ooswaarts. Verder is Welgemoed een van die gesogste woonbuurte in die noordelike voorstede met 'n landelike atmosfeer, en geensins blootgestel aan industriële aktiwiteite nie. Van die hoogste aangeskrewe Mediese sorgsentrums, Laer- en hoërskole asook inkopie sentrums is binne 'n radius van ± 5 km bereikbaar. Dit is eenvoudig "lekke-rer-rer" om 'n inwoner van Welgemoed te wees! "
"Daar is geen pakplek vir klere of seep in badkamer. Die gordyne by die skuifdeur kan nie heeltemal toe vir privaatheid nie en die melk en koffie was net genoeg vir 1 keer se drink. 'n Lang spieël vir aantrek doeleindes vir ons dames sal help."
"Baie sentraal geleë (Kaapstad, Stellenbosch, Somerset-Wes/Strand, Malmesbury ens). Baie mooi uitsig (veral in die aand) oor die laer dele, asook Tafelberg."
"Het dit baie geniet om daar oor te bly. Lieflike plek met pragtige meubels en fasiliteite."