Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Gaan sedert my kinderdae soontoe en het nog nooit vervelig geraak met Agulhas as basies my enigste plek waarheen ek naweke en vakansies gaan."
"Verskeie mense het ons gewaarsku oor diefstal uit voertuie en selfs uit kamers of wooneenhede! "
"Pringlebaai het ongelooflike sonsondergange en 'n pragtige strand. Die kleindorpie-gevoel laat mens regtig afskakel. Die Mini-Mart het heerlike vars gebakte brood en croissants wat hulle elke oggend vars bak, daar is ook 'n hele paar restaurante. Pragtige plek vir 'n naweek weg. Ons sal beslis weer gaan."
"Baie goeie wyne en restaurante, natuurlike areas vir stap, fietsry ens. Goeie waarde vir geld en werklik vriendelike mense."
"Skoon omgewing. Mooi hoofstraat met verkeersirkels in hoofstraat wat goeie verkeersvloei tot gevolg het. Die meeste winkels kan aan jou behoeftes voorsien. Veilig om in strate te stap. 'n Goeie restaurant. Die naby geleë Club Mykonos met sy fasiliteite maak dat die toeris nie nodig het om langafstande te reis vir vermaaklikheid nie."
"Dit is 'n natuurbewaringsarea met beperkte toegang. Daar is geen deurloop nie en die plantegroei en kalmte is asemrowend. Uitsigte van beide die see en die lagoon, met direkte toegang tot die lagoon. "
"Baie aangename en netjiese dorp waarheen ons graag gaan. Alles tot jou beskikking en baie om te doen."
"Baie mooi area en baie padstalle, met allerhande interessanthede langs die pad."