Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"The people of Tulbagh were friendly and helpful. They are proud of the town and willing to share the information. Kerkstraat in Tulbagh has a wealth of information and interesting goodies to buy. We enjoyed spending a number of hours there."
"Nog 'n juweel op die walvis-roete. Uitstekende restaurante en buitelewe-aantreklikhede."
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Escape to 205"Probeer gerus Kraakvars Restaurant vir eg SA-geregte en bier."
"Ek glo nie ons sal weer Paternoster besoek nie, a.g.v die veiligheid. Dit is jammer, want dis 'n baie mooi dorpie!"
"Rustige dorp, vriendelike mense. Meer as behulpsaam om rigting aan te wys en inligting oor die dorp te gee. Kango-grotte is 'n moet om te gaan sien."
"Calitzdorp is lekker vir etes en rondsnuffel, maar ek sal buite die dorp bly om die besonderse Swartberge te kan waardeer."
"Vriendelike mense in Riversdal. Verskeidenheid winkels en baie versot op julle JC Slaghuis se wors. Sal elke keer kom vir dit. Mooi groen en ons kon die Slapende Skoonheid sien."
"Aurora is 'n fantastiese, rustige dorpie en heerlik om vir 'n dag of twee oor te bly."
"Very friendly, safe town. Actually surreal! We were pleasantly surprised by it and the people of the town. A very supportive and warm community. We can't wait to be back."
"Pragtige dorp met vriendelike, behulpsame inwoners wat die dorp self nog meer spesiaal maak."
"Dit is jammer dat so baie ondernemings nie oop was nie / nie meer besigheid doen nie. Miskien is die winter nie die regte tyd vir 'n besoek nie."
"'n Groot verskeidenheid besoekpunte en baie vriendelike mense wat uit hul pad gaan om besoekers welkom te laat voel."
"Stellenberg is gerieflik geleë as mens inkopies wil doen, maar dis op sigself nie 'n toeristebestemming nie."
"Die Wes-Kaap is pragtig, nie net Mosselbaai nie, alles en almal is net anders as in Johannesburg. Die mense is vriendelik, alles in die Wes-Kaap is so mooi, oral waar jy ry. Ons is baie lief vir die Kaap!"
"Pragtige, skoon plek met die mooiste uitsigte. Sal definitief graag weer hier wil kom bly."
"Ons was verras met die diens wat ons ontvang het. Dit was skoon, netjies en die ontvangs was uitstekend."
"Ongelooflike klein dorpie vir 'n wegbreek. Probeer beslis The Post House Hotel se kroeg. Jy sal beslis wil trek na dié klein juweel."
"Bloubergstrand het minder verkeer as Kaapstad en sy omliggende buurte soos Seepunt, Kampsbaai ens."